REDAKSIONEEL

Prof Dan Kgwadi

 

NWU skitter op internasionale ranglyste

 

Ek is uiters trots om met julle die inligting rakende ons posisies op die ranglyste te deel. Ons het baie goed gevaar op drie stelle ranglyste wat onlangs vrygestel is.

 

Op die Shangai Ranking Consultancy se 2021 Academic Ranking of World Universities (ARWU) word die NWU op grond van deursigtige metodologie en objektiewe derdepartydata as een van die wêreld se top-1 000 navorsingsuniversiteite erken.

 

Net so indrukwekkend is die resultate van die THE World University Rankings, waar ons onder die topses universiteite in Suid-Afrika geplaas is, met ’n plek in die 501-tot-600-gleuf uit meer as 1 600 universiteite wêreldwyd in 99 lande en streke.

 

Ek is ook baie opgewonde oor die positiewe resultate van die StuDocu World University Ranking 2021 wat ons pas ontvang het. Die NWU spog met ’n indrukwekkende telling van 9 uit 10 vir afkampusleer tydens die pandemie, en ’n algehele vierde plek in die land vir studente-ervaring . Klik hier om meer daaroor te lees. Ek is seker dat julle net so trots op julle alma mater is as wat ek is.

 

Boodskap

van die visekanselier

Beste alumni

 

Lente is in die lug, en wanneer julle hierdie boodskap lees, het die NWU die afgelope naweek sy inentingsveldtogte op al drie kampusse vir eers afgehandel. Ons het nie net die personeel en studente ingeënt nie, maar as deel van ons sorgsaamheidsetiek het ons ook lede van die publiek by ons inentingsentrums verwelkom.

 

Ons sorgsaamheidsetiek is ook van toepassing op julle, ons alumni, en in hierdie uitgawe van die alumnitydskrif beklemtoon ons die waarde wat ons aan julle heg. Omdat ons graag wou hoor wat vir julle belangrik is, het ons ’n opname gedoen oor hoe ons met julle moet kommunikeer en wat julle wil hoor. Die resultate van die opname word in hierdie uitgawe aan julle oorgedra.

 

In die uitslae het talle deelnemers aangedui dat hulle meer oor die Konvokasie wil weet, en hoe hulle lede kan word. Ek wil julle graag uitnooi om julle Alumnikantoor in verband hiermee te skakel. Julle kan julle navrae stuur aan nwualumni@nwu.ac.za of nicolize.vanderwalt@nwu.ac.za. As lid van die Konvokasie kan julle jul stem laat hoor deur die vier verkose lede wat die Konvokasie op die NWU-Raad verteenwoordig.

 

Vroue in die kollig

 

Die NWU het gedurende Augustus weer eens Vrouemaand gevier. As deel van ons veldtog het personeellede kort video’s oor kwessies na aan vroue se harte gemaak.

 

Ongelukkig word vierings soos hierdie versuur deur die feit dat talle vroue steeds ongelykheid ervaar en dat die gruwels van geslagsgebaseerde geweld steeds met ons is. Die NWU gaan voort om bewusmakingsveldtogte teen geslagsgebaseerde geweld te reël, maar baie meer moet gedoen word om die samelewing van die mishandeling van vroue en kinders te suiwer.

 

Terugkeer kampus toe

 

Namate ons die vierde kwartaal van ons akademiese jaar nader, gee ons aandag aan die herintegrasie van personeel en studente by die sogenaamde “nuwe normaal”.

 

Soos ek voorheen gesê het, ons bly steeds in ons wese ’n kontakuniversiteit wat ’n lewendige studentelewe voorstaan. Daarom moet ons, so ver as wat dit redelik moontlik is, ’n voorkoms van ’n normale situasie vir ons studente hê wanneer hulle aan die NWU studeer, en so ons studente se waardeproposisie in stand hou.

 

My beste wense aan almal van julle terwyl ons die uitdagings van die wêreldwye pandemie trotseer.

 

Bly asseblief veilig.

 

 

 

Prof Dan Kgwadi

Hoof en visekanselier

 

 

 

DIe NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ARTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Boodskap van die Raadsvoorsitter

 

Die NWU-Raad se voorsitter, dr Bismark Tyobeka, het die inentingslokaal op die Potchefstroomkampus op 24 Julie 2021 besoek.

 

Klik hieronder om na sy boodskap te luister.

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U