ONTDEK DIe NWU

Dit is ons:

 

Klik op die foto's hierbo om sommige van die kunswerke van die uitstalling te besigtig.

 

 

Vir die liefde van kuns

Klik op die beeld om te kyk na die uitstalling “Agility is the New Black”, wat die werk van ma en seun Thina and Themba Minya, vertoon.

 

Sedert die aanvang van die Covid-19-inperking het die NWU-Galery vir kunsliefhebbers die geleentheid geskep om kuns in die veiligheid van hulle eie huise te geniet.

 

Die galery het virtuele uitstallings gehou en die werk van talle kunstenaars van Noordwes, Gauteng en Limpopo vertoon.

 

Amohelang Mohajane – die kurator van die NWU Galery – en haar span het ongeveer elke ses weke ’n nuwe uitstalling gehad om kunsliefhebbers te trakteer.

 

In hierdie video sien julle die werk van ma en seun Thina en Themba Minya. Hulle uitstalling, “Agility is the New Black”, gee ’n vars en unieke blik op die abstrakte temas van ras, seksualiteit, identiteitspolitiek, die maatskaplike stryd, feminisme en die self.

 

Met talle van die nuwe werke wat in isolasie geskep is, het hulle met hierdie uitstalling ’n visuele gesprek geskep om die universele menslike ervaring uit te beeld.

 

 

 

 

DIe NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ARTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U