nUUs

 

Ons maskot, Eagi, verteenwoordig die handelsmerk-eienskappe van ʼn verenigde NWU.

 

Die arend het in talle kulture ’n positiewe betekenis. Dit verteenwoordig positiewe eienskappe wat perfek by die NWU se strategie en doelwitte pas. Dit sluit in sukses, ambisie, dapperheid, uitbreiding, nuwe lewe, leierskap en vryheid.

 

Eagi simboliseer ons toewyding om die lewe met kreatiwiteit aan te pak en bo die res uit te styg.

 

Hy verteenwoordig ook ons strewe om geleenthede te vind om uit te blink en voortdurend te verbeter.

 

Eagi vertel wat gebeur

Eagi, ons NWU-maskot, help julle om tred te hou met alles wat by die NWU gebeur. So, laat ons sonder meer na die nuuskamer toe gaan waar Eagi vir julle ’n oorsig sal gee.

Ons vertrou dat julle die volgende stories interessant sal vind. (Klik op die opskrif van elke artikel om meer te lees.)


Skuif na aangepaste vlak 2 is positief, maar ekonomie is nog in die moeilikheid  

President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor die verskuiwing van Suid-Afrika na aangepaste vlak 2 van die inperking is positief vir die ekonomie, waarvan die vooruitsig egter steeds verdere versterking en die bou van vertroue nodig het.

 

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die NWU-Besigheidskool, het die aankondiging verwelkom wat op 12 September gemaak is om na ’n minder beperkende vlak 2-inperking te beweeg.

 

“Hoewel die onlangse groeisyfers van die bruto binnelandse produk (BBP) beter is as wat verwag is, en daar wye verwagtings is dat dit die ekonomie weer op koers plaas om hierdie jaar tot ’n 4,5%–5%-groeikoers te herstel, is die ekonomie nog glad nie uit die moeilikheid nie.”

 


Wetenskap laat jou vlieg!

Wetenskap is verskriklik verslawend. Dit gee vir ’n mens ’n kykie op wonders waaraan jy in jou wildste drome nie kon dink nie. Godfrey Mosotho weet dit beter as die meeste mense en hy hou nie hierdie geheim vir homself nie.

 

Hy is besig met ’n eksperiment waarin hy meteorologiese ballonne die lug in stuur om geïoniseerde straling in die atmosfeer verskeie kilometer hoog in die lug te meet. Wat hierdie benadering uniek maak – benewens die navorsingsimplikasies daarvan – is dat die projek ook as ’n uitreikprogram dien. By sy mees onlangse lansering was leerders van die Saints Christian Skool (laerskool) in Potchefstroom by om die pret mee te maak.

 

Godfrey het sy doktorsgraad aan die NWU voltooi waar hy op stralingsdosimetrie op vlughoogtes gefokus het. Hy is tans ’n postdoktorale navorser by die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.

 

 

 

 

DIe NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ARTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL


Vroulike afrigter slaan stereotipes in sokker die nek in

Sokkeradministrasie en -afrigting word al lankal regoor die wêreld deur mans oorheers, maar die winde van verandering is besig om te waai. Meer vroue het onlangs hierdie sport – wat deur mans oorheers word – óf as administrateurs óf as afrigters betree.

 

Een so ’n ster is Azania Amogelang Moshushu, die hoofafrigter van die NWU se vrouespan. Afrigter Azania, wat as ’n administratiewe assistent by die Sokkerinstituut op die Mahikengkampus werk, het ’n BSc-graad in menslike bewegingskunde en sportwetenskap. Die NWU-vrouespan is onder haar leierskap as die span van die 2019-toernooi in Universiteitesport Suid-Afrika (USSA) se kompetisie benoem.

 


Jong vroulike innoveerders skitter tydens innovasiekompetisie

Pogings om vroulike innoveerders te ontwikkel kry ʼn goeie hupstoot namate meer korporatiewe instellings die Modiragatsi Youth-innovasiekompetisie ondersteun.

 

Die Fakulteit Ingenieurswese en die sektorale onderwys- en opleidingsgesag vir vervaardiging, ingenieurswese en verwante dienste (merSETA) het in 2019 kragte saamgesnoer om die kompetisie te begin. Hierdie jaar het Siemens en KISCH IP ook die kompetisie begin ondersteun en het die aanvanklike aanbieding in ’n volwaardige innovasie-ontwikkelingsentrum vir die Suid-Afrikaanse jeug ontwikkel.

 

Paballo Diyase van die High School for Girls in Potchefstroom is die algehele wenner van die 2021 Modiragatsi Youth-innovasiekompetisie.

 


Loopbaansentrum bied nog geslaagde entrepreneurskaps- en werksgereedheidseminare aan

Die NWU se Loopbaansentrum het vanaf 23 tot 27 Augustus 2021 sy jaarlikse seminare oor entrepreneurskap en werksgereedheid in ’n virtuele formaat aangebied.

’n Totaal van 20 aanbieders, wat 12 maatskappye van verskillende bedrywe verteenwoordig, het 25 aanbiedings oor onderwerpe in ses breë temas gedoen.

 

Die temas sluit in entrepreneurskap, ontwikkelingsorganisasies vir gegradueerdes, bedryfsielkunde, konsultantskap vir professionele ontwikkeling, ’n gesonde leefstyl, en finansiële geletterdheid.

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U