PROFIele

 

Iets om te onthou

 

NWU-alumna en hokkieskeidsregter Annelize Rostron het ’n wonderlike ervaring by die Tokio Olimpiese Spele gehad.

 

Die NWU & U het hierdie 37-jarige onderwyser gevra om ons meer te vertel.

 

“Sjoe, waar begin ek? Dit was ’n wonderlike ervaring!

 

“Wat ek die meeste geniet het, was om op daardie vlak as skeidsregter op te tree. Dit was toe dat ek besef het ’n droom het waar geword.

 

“Wanneer jy op die veld is en daardie Olimpiese sirkels sien, besef jy dat jy nie meer hoef te droom nie. Ek sal nooit daardie gevoel vergeet nie!

 

“Die hitte was ’n uitdaging. Dit was soms 38 grade met 82%-humiditeit en dan moet jy tydens ’n wedstryd 8 km hardloop, maar ek was goed voorberei.”

 

Annelize se reis na Japan

Beserings het dalk haar hokkiedae beëindig, maar dit het nie vir Annelize Rostron gekeer om as skeidsregter deel van die Tokio Olimpiese Spele te wees nie.

Dié 37-jarige alumna, nou ’n onderwyser by die Mooirivier Laerskool in Potchefstroom, vertel ons meer oor haar hokkiereis.

 

Waar het jou liefde vir hokkie begin?

Ek kom uit ’n gesin wat lief is vir sport. My pa het geglo as ons onsself met sport besig hou, het ons nie tyd om in die moeilikheid te kom nie! Ek was 12 toe ek in die laerskool begin hokkie speel het en ek het onmiddellik tuis gevoel. Ek het geweet hokkie is my passie.

 

Wat maak die sport vir jou spesiaal?

Dit is ’n wonderlike sport. As jy kyk hoe veel vaardigheid en spoed dit vereis, besef jy hoe spesiaal dit is.

 

Wat het jy by die NWU studeer en hoe was dit om daar te wees?

Ek het my BA-graad in menslike bewegingskunde met sielkunde voltooi en toe my nagraadse sertifikaat in opvoedkunde verwerf. Die NWU is ’n ongelooflike plek en ek het my tyd daar verskriklik geniet. Die kampuslewe!

 

Ek was twee jaar lank in die Karlien-koshuis. Daar is net een universiteit en dit is die NWU!

 

Wat het jy gedoen nadat jy jou studies voltooi het?

Ek was van 2008 tot 2014 ’n onderwyser by Potchefstroom Gimnasium. ’n Tydperk as onderwyser in Pretoria het gevolg, voordat ek in 2016 teruggekom het Potchefstroom toe – ek is sedertdien by Mooirivier Laerskool.

 

Hoe het jy ’n hokkieskeidsregter geword?

Ek het in my matriekjaar ’n baie ernstige besering opgedoen en was gedwing om agt maande lank op die kantlyn te staan. Ná daardie terugslag het ek twee jaar lank vir die NWU hokkie gespeel, maar dit was net nie meer dieselfde nie. Dus het ek ophou speel.

 

Ek het een dag na ’n wedstryd gaan kyk en die skeidsregter het nie opgedaag nie, toe vra hulle of ek nie sal uithelp nie. Ek het op die veld gestap, en die res is, soos hulle sê, geskiedenis.

 

Wat is jou toekomsplanne?

Om my volgende droom na te jaag, en dit is om volgende jaar na die Wêreldbeker en dan na die 2024 Olimpiese Spele in Parys te gaan.

 

 

 

 

DIe NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ARTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Ek is ’n Olimpiër!

 

Toe sy gevra is wat haar grootste prestasie op die sportveld was, het Annelize gesê sy dink dat dit vir enige sportman of -vrou is om op die hoogste vlak deel te neem.

 

“Vir my was dit om vir die eerste keer by die Olimpiese Spele op die veld te stap en te kon sê: ‘Nou is ek ’n Olimpiër!’”

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U