NUUS

 

Vir sommige is aanlyn die beste

 

Altesaam 84% van die respondente het aangedui dat hulle nie vorige virtuele geleenthede vir alumni bygewoon het nie. Van die res wat dit wel bygewoon het, het 88,51% gesê dat hulle sal dit sal doen selfs nadat die Covid-19-inperkingsregulasies opgehef is.

 

Die meerderheid, 72,41%, het ook gespesifiseer dat virtuele gebeurtenisse die ding van die toekoms is en dat hulle hierdie benadering ondersteun. Aanlyn geleenthede behoort ideaal gesproke tussen een en twee uur te duur, en Zoom is hulle platform van keuse.

 

 

Konvokasie: alumni wil meer weet

 

Volgens die resultate is Konvokasie-sake iets van ’n enigma. Julle is gevra om inligtingsonderwerpe in voorkeurvolgorde (1 tot 6) te rangskik en Konvokasie-sake was in die sesde plek.

 

Toe respondente gevra is of hulle lede van die Konvokasie is, het ’n yslike 88,89% gesê dat hulle nie is nie. Nog meer het aangedui dat hulle nie veel weet van die Konvokasie en hoe om ’n lid te word nie.

 

Gelukkig wil 79,71% van hulle graag meer inligting oor die NWU-konvokasie ontvang, en wil 64,85% in hierdie verband gekontak word.

 

 

 

 


Moenie vir ons wag nie –
kontak ons asseblief.
Ons wil graag van julle hoor! Kontak ons by
nwualumni@nwu.ac.za of nicolize.vanderwalt@nwu.ac.za

Julle het gepraat, en ons het geluister

In watter NWU-kwessies stel jy belang? Glimlag of frons jy as jy ’n e-pos van die NWU kry? Dit en talle ander vrae wat ons het oor hoe jy oor jou alma mater voel, het gelei tot ’n alumni-opname wat ons vroeër vanjaar uitgevoer het.

Die doel van die opname was om julle beter te leer ken omdat ons vir julle, ons alumni, omgee en seker wil maak dat ons kommunikasie met julle relevant is.

 

Kom ons kyk wat julle vir ons vertel het:

 

Nuusonderwerpe wat voorkeur geniet:

- Navorsing en akademiese nuus (84,49%) was die hoogste prioriteit, gevolg deur algemene NWU-nuus (60,96%).

(Die persentasies in hakies verwys na die respondente wat hierdie opsies as hulle eerste keuse aangedui het.)

 

Publikasies/kanale wat voorkeur geniet:

Deelname aan opnames (41%) en die NWU & U-tydskrif (34,58%).

 

Gereeldheid van kommunikasie:

Die respondente wil graag een keer per maand nuus van die NWU ontvang.

 

Kommunikasieplatforms:

E-pos is die gewildste (49,20%), met die NWU se webwerf kort op sy hakke (37,61%). Wanneer dit egter kom by die metode van kommunikasie wat voorkeur geniet, was SMS’e voor die webwerf, terwyl e-pos steeds boaan die lys was.

 

NWU-kwessies:

Transformasie (43,85%) is die relevantste, gevolg deur kwaliteitsversekering (41,89%) en die implementering van ons strategie (37,25%).

 

Aspekte rakende alumni:

Loopbaandienste aan alumni was boaan die lys as die relevantste (51,34%), en mentorskapsgeleenthede was tweede (48,66%).

 

Geleenthede wat die graagste bygewoon word:

- Seminare was die gewildste (86,33%), met bedryfsverwante gebeurtenisse kort op sy hakke (82,37%).

 

Dankie aan almal wat deelgeneem het, en as jy nie het nie, maak asseblief seker dat jy volgende keer deelneem. Om so doeltreffend as moontlik met julle te kommunikeer, moet ons per slot van rekening weet wat julle kwel en wat julle inligtingsbehoeftes is.

 

 

 

DIe NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ARTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Oor die opname

 

’n Totaal van 855 alumni het die opname ingevul, van wie die meeste voormalige NWU-kontakstudente met eerste grade was. Die meeste van die respondente is tussen 20 en 30 jaar oud.

 

Een van die bemoedigendste bevindings was dat 97,66% die NWU as ’n akademiese voorkeurinstelling by ’n vriend, familielid of kollega sal aanbeveel.

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U