REDAKSIONEEL

Nicolize van der Walt is die afdelingshoof van die Alumnikantoor.

 

 

NWU & U se
redaksionele span

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Belinda Bantham

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Zenoyise John

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Nicolize van der Walt

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

Boodskap van die Alumnikantoor

Geagte alumni,

 

Die wonder van ʼn tweede kans

 

Terwyl ek hierdie brief skryf, steek die belofte van die lente reeds sy kop uit. Dit is nou warmer en die natuur begin plek-plek opstaan na ’n bitter koue winter.

 

Die lente laat ʼn mens altyd aan ’n nuwe begin dink… en hoe wonderlik is dit nie om weer ’n tweede (of derde of vyftigste) nuwe kans te kry nie.

 

Dit is waarom die NWU geleenthede skep om mense te bemagtig, byvoorbeeld met die inentingsveldtog teen die Covid-19 virus. Ons is trots op die NWU se leiers en hierdie veldtog, en hoop julle deel in julle alma mater se sukses om ons personeel, studente en gemeenskappe so veilig as moontlik te hou.

 

Gryp dié geleenthede aan

 

Die Alumnikantoor probeer ook om soveel moontlik geleenthede te skep en kanse te bied sodat mense hulself kan bemagtig.

 

Die afgelope tyd was ons by verskeie projekte betrokke, onder meer besoeke en skenkings aan nie-winsgewende organisasies, die kans vir voornemende studente om beurse ter waarde van R20 000 te wen, ondersteuning vir die bemarking van ’n NWU-selfverdedigingsprojek en vele ander geleenthede. Dit is alles om almal ’n gelyke kans te gee tot ontwikkeling in hierdie vinnig veranderende wêreld.

 

Gepraat van kanse – ons alumni sal binnekort die geleentheid kry om handelsmerkprodukte vir NWU-alumni aanlyn te koop.

 

Dit is ’n kans om ’n deel van jou NWU-hart letterlik op jou mou te dra. Konvokasielede sal boonop ’n verdere 15% afslag kry – hierdeur wil ons diegene wat reeds aangesluit het en nog gaan aansluit, beloon.

 

Die Konvokasie is jou stem op die NWU-Raad, want daar is verteenwoordigers vanuit die alumni wat jou belange daar behartig. Vir ʼn eenmalige betaling van R50 kry jy lewenslange lidmaatskap.

 

Maak voorsiening vir die volgende geslag

 

Dit is belangrik dat julle, ons alumni, betrokke bly by die NWU. Dis ’n wonderlike geleentheid om ons kinders en kindskinders die kans te bied om eendag by ’n topuniversiteit te studeer.

 

Ons het ook ons alumni wat by die Olimpiese Spele was, vanuit Tokio verwelkom. Hulle was voorwaar fakkeldraers te midde van baie vreemde tye en ons is trots op almal van hulle wat hulle talente en vaardighede so ten volle gebruik.

 

Ons het ook jou talente en vaardighede nodig; ons het JOU nodig om die vlam te help dra vir die toekoms van ons studente en van ons land wat plek-plek reeds vol lentebloeisels is.

 

Op tweede kanse...

 

 

Lentegroete,

 

 

Nicolize en span

 

 

 

DIe NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ARTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Keabetswe Gopane (Mahikeng)

Keabetswe.Matjie@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U