NUUS

Thoriso Maseng, die bestuurder van die NWU se Loopbaansentrum, bespreek die resultate van die vyf interessantste uitslae van die jongste Universum CareerTest-opname. Altesaam 8 125 NWU-studente en 2 833 NWU-alumni het aan hierdie opname deelgeneem.

Waarom het ons deelgeneem?

“Die Universum-studie stel ons in staat om ons studente se voorkeure en talentprofiel te verstaan, en sê vir ons hoe hulle oor die NWU voel en ons handelsmerk beskou,” verduidelik Thoriso.

“Dit dien ook as ’n gids vir voortdurende verbetering, aangesien dit vir ons aandui waar ons uitblink en waar ons kan verbeter.”

Klik op die sirkel vir 'n opsomming met nog resultate.

Meer interaksie met ons alumni

Die NWU het ’n 20%-responskoers vir interaksie met alumni, vergeleke met die 15%-gemiddelde van die ander deelnemende universiteite.

As jy meer weet, kan jy beter doen

Noudat ons beter weet, kan ons beter doen. Hierdie aanpassing van die Amerikaanse digter en burgerregte-aktivis Maya Angelou se oorspronklike aanhaling* weerspieël ons reaksie op die jongste Universum CareerTest-opname.

Universum is ’n werkgewerhandelsmerkorganisasie wat opnames doen en met vennote regoor die wêreld saamwerk om hulle te help om hul eie studente en alumni beter te verstaan, en ook om uit te vind wat werkgewers wil hê.

Dit is belangrik om te weet wat ons belanghebbers wil hê, veral wat kurrikulums en loopbaangereedheid betref. Met die inligting wat uit hierdie opname verkry is, kan ons hulle voorkeure oorweeg, aandag aan hulle behoeftes gee, en ons aanbiedings en dienste verbeter.

Oor die opname

“Die dataterugvoer wat ons ontvang het, is op ’n nasionale maatstaf gegrond – met ander woorde dit fokus op studente wat aan verskeie Suid-Afrikaanse universiteite studeer,” sê Thoriso Maseng, die bestuurder van die NWU se Loopbaansentrum.

Daar het nasionaal 93 641 studente deelgeneem aan die opname wat tussen September 2020 en Februarie 2021 uitgevoer is. ’n Totaal van 8 125 NWU-studente het deelgeneem, wat meer as dubbeld die getal van verlede jaar se deelnemers is.

Daarbenewens het 2 833 NWU-alumni uit ’n totaal van 38 435 alumni nasionaal deelgeneem. Vergeleke met verlede jaar se 814 NWU-alumni wat deelgeneem het, was dit ook ’n groot toename.

Die NWU & U het met Thoriso gepraat oor die uitslae wat vir hom uitgestaan het.

Volgens Thoriso is die volgende die vyf interessantste uitslae van hierdie opname:

  • Hulle sien die NWU in
    ’n gunstige lig

    Studente en alumni het positiewe persepsies van die universiteit.

    Die woorde wat hulle noem wat die NWU die beste beskryf, is diversiteit, uitnemendheid, sukses, pret, beste, inklusief en kwaliteit.

    Dit wys dat ons vordering maak op pad na ’n unitêre en inklusiewe gemeenskap. In die verlede het response van studente en personeel dikwels negatiewe woorde ingesluit, maar sedert 2019 is daar ’n verskuiwing in persepsies, met meer positiewe woorde van assosiasie wat na vore kom.

  • Hulle wil graag weer by die NWU studeer of hulle studies aan die NWU voortsit

    Ongeveer 60% van ons studente het aangedui dat, indien hulle weer met hulle studies sou begin, hulle dit aan die NWU sal doen. Dit is hoog vergeleke met die 54%-gemiddelde van ander Suid-Afrikaanse universiteite, en toon hoe tevrede NWU-studente en -alumni is.

  • Hulle beoordeel ons opvoeding as uitstekend

    Meer as 70% van die deelnemende studente en alumni vereenselwig hulle met eienskappe soos opvoedkundige uitnemendheid. Dit plaas die NWU onder daardie universiteite wat die sterkste met opvoedkundige uitnemendheid geassosieer word.

  • Hulle voel ook positief oor die volgende sake

    • Akademiese aanbiedings, insluitende ons akademiese personeel, verskeidenheid kursusse en toegang tot studiemateriaal (tevredenheidskoers van 60%)
    • Veilige kampus en ’n vriendelike, oop omgewing (tevredenheidskoers van 80% en 70% onderskeidelik)
    • Tevredenheid met aanlyn klasse tydens die Covid-19-pandemie; hoe vinnig die NWU op die Covid-19-verwante uitdaging gereageer het (tevredenheidskoers van 7,7 op ’n skaal van 10, vergeleke met die nasionale gemiddelde van 7,4)
    • Ons studente se algehele tevredenheid (8,0 op ’n skaal van 10)
  • Hulle glo die NWU kan hulle loopbane bevorder

    Ons studente sien die universiteit as ’n goeie verwysing vir hulle toekomstige loopbane en indiensneembaarheid, asook as ’n geloofwaardige verskaffer van voortgesette opvoeding en professionele ontwikkeling. Hulle glo dat die NWU aan hulle vaardighede verskaf waarna werkgewers soek.

Thoriso sê hy is tevrede met die oorkoepelende uitslae van die opname, maar dat dit nie beteken dat die NWU op sy louere kan rus nie.

“Ons moet hierdie resultate gebruik om steeds ons loopbaandienste te verbeter en ons kurrikulums aanpas om met die veranderende behoeftes van werkgewers by te hou. Ons studente se hoedanighede moet hulle meer as indiensneembaar maak en verseker dat hulle onder die mees gesogte kandidate in die arbeidsmark is.”

DIe NWU & U

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ARTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Studente trek voordeel uit ons loopbaandienste

Die uitslae van die opname toon aan dat die Loopbaansentrum se dienste baie gewild onder ons studente is. Meer as 84% van die respondente het aangedui dat hulle ons dienste gebruik, vergeleke met die 80%-gemiddelde van die ander deelnemende universiteite.

Die terugvoer toon dat gedurende die afgelope paar jaar die persentasie studente wat ons loopbaandienste gebruik van 26% tot 33% toegeneem het.

“Die uitwerking hiervan kan gesien word in die vlak van gereedheid onder ons studente om nuwe rolle te aanvaar en om as werknemers of entrepreneurs ’n impak in die samelewing te maak,” sê Thoriso.

* “I did then what I knew how to do. Now that I know better, I do better.” - Maya Angelou

NWU & U  |

NWU & U  |

  • Hulle sien die NWU in ’n gunstige lig

    Studente en alumni het positiewe persepsies van die universiteit.

    Die woorde wat hulle noem wat die NWU die beste beskryf, is diversiteit, uitnemendheid, sukses, pret, beste, inklusief en kwaliteit.

    Dit wys dat ons vordering maak op pad na ’n unitêre en inklusiewe gemeenskap. In die verlede het response van studente en personeel dikwels negatiewe woorde ingesluit, maar sedert 2019 is daar ’n verskuiwing in persepsies, met meer positiewe woorde van assosiasie wat na vore kom.

  • Hulle wil graag weer by die NWU studeer of hulle studies aan die NWU voortsit

    Ongeveer 60% van ons studente het aangedui dat, indien hulle weer met hulle studies sou begin, hulle dit aan die NWU sal doen. Dit is hoog vergeleke met die 54%-gemiddelde van ander Suid-Afrikaanse universiteite, en toon hoe tevrede NWU-studente en -alumni is.

  • Hulle beoordeel ons opvoeding as uitstekend

    Meer as 70% van die deelnemende studente en alumni vereenselwig hulle met eienskappe soos opvoedkundige uitnemendheid. Dit plaas die NWU onder daardie universiteite wat die sterkste met opvoedkundige uitnemendheid geassosieer word.

  • Hulle voel ook positief oor die volgende sake:

NWU & U