DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

ONTDEK DIE NWU

Dit was 'n musikale reis, 'n viering van uiteenlopende musiekgenres en groot talent. Ja, dit was die virtuele NWU Alumni en Vriende-konsert op 19 Junie wat die verstommende talent van NWU-alumni van regoor die wêreld tentoongestel het.

 

“Dit was waarlik ’n wêreldgebeurtenis.” So het Sinki Mlambo, ’n kommunikasiekundige en mediapersoonlikheid, hierdie wêreldklaskonsert beskryf. Soos haar mede-aanbieder, die akteur en filmvervaardiger Tim Theron, is Sinki en almal wat na die konsert geluister het deur hulle mede-alumni se optredes bekoor.

 

Hierdie musikante het nie net vanuit Suid-Afrika deelgeneem nie, maar van so ver as die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State van Amerika en Oostenryk, en het hulle talent gedeel om mense aan te moedig om die NWU se Covid-19-reaksiefonds te ondersteun.

 

Jy kan ook die voorbeeld van ons musiek-maestro’s volg en ’n bydrae tot die fonds maak. Deur dit te doen, kan jy help om vir studente toestelle (soos skootrekenaars) en konnektiwiteit te verskaf sodat hulle tydens die pandemie hul studies aanlyn kan voortsit.

 

Alumni en vriende bied ’n wêreldklaskonsert aan

As jy die fluweelstem van Anna Davel misgeloop het, of die delikate, aangrypende lied wat sanger Perseverance Mkhonto self geskryf het, of die kragtige uitvoering wat die bariton Jacques Imbrailo en tenoor Jacques le Roux gelewer het, klik op die video hierbo. Nooi hierdie mede-alumni in jou sitkamer in en maak gereed om betower te word.

Dit is ons:

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

Alumni en vriende bied ’n wêreld-klaskonsert aan

NWU & U