DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Hierdie bekroonde app is een van die talle uitvindings waaraan kundiges van verskeie ingenieursdissiplines werk om oplossings te vind vir die lewensbedreigende probleme wat deur die Covid-19-pandemie en die daaropvolgende inperking veroorsaak word.

 

Volgens die uitvoerende dekaan van die fakulteit, prof Liezl van Dyk, is dit in ooreenstemming met hul missie om die wêreld ’n beter plek te maak.

 

“Ons is vasbeslote om deur middel van baanbrekernavorsing antwoorde vir die werklike huidige en toekomstige uitdagings van die nywerheid en van ons gemeenskappe te vind. Die implementering hiervan kan net tot voordeel van die mensdom wees,” sê Liezl.

 

Voorkom samedromming by skoolhekke – een app op ’n keer

 

Tjop-tjop. Dit is hoe vinnig die nuwe slimfoon-app – heel gepas “TjopTjop” genoem – samedromming by skoolhekke kan voorkom wat veroorsaak word deur die verpligte gesondheidsifting van leerders wat in fases terugkeer skool toe.

 

Hierdie digitale gesondheidsifting-toetsstel wat deur ingenieurs van die NWU ontwikkel is, teken die data aan oor die identiteit van die leerders, hul temperatuur, en of hul maskers dra of nie. Die data kan intyds op ’n webpoort gesien word.

 

Klik hier om meer te lees oor hierdie bekroonde uitvindsel. Jy kan ook na die video hieronder kyk om te sien hoe hierdie vindingryke uitvindsel werk.

NUUs

Ingenieursoplossings vir ’n beter Covid-19-wêreld

TjopTjop, ʼn digitale gesondheidsifting-toetsstel en geesteskind van die Fakulteit Ingenieurswese, het ʼn internasionale toekenning van die Covid-19-innoveringsuitdaging (Covid-19 Innovation Challenge) van die Verenigde Nasies (VN) se Africa Innovation and Investment Forum 2020 ontvang.

 

Vervaardiging van ventilators en gesigskerms

 

Volgens die Departement van Gesondheid het Suid-Afrika dringend mediese voorrade en persoonlike beskermingstoerusting (PPE) nodig om gesondheidsorgwerkers en die bevolking as geheel te beskerm.

 

Produkte wat in groot aanvraag is, sluit in maskers, toetsstelle, handsaniteerders, indringende ventilators en nie-indringende ventilators, hospitaalbeddens en linne.

 

Met hierdie behoeftes in gedagte het die NWU se span ingenieurs en medewerkers reeds produkte ontwikkel om die las op die stelsel te verlig en om gesondheidsorgwerkers te beskerm wat aan infeksie blootgestel is terwyl hulle hul bes probeer om die pandemie te hanteer.

 

Klik hier om meer oor die vervaardiging van ventilators en gesigskerms te lees.

 

 

Los wydverspreide honger op – twee miljoen maaltye op ’n keer

 

Miljoene landsburgers kon tydens die staat van inperking geen inkomste verdien nie, en hul afhanklikes het nie geweet waar hul volgende maaltyd vandaangaan kom nie.

 

’n Ramplenigingskomitee is onlangs gestig om hulp aan sowat 13 000 huishoudings in die Potchefstroom-omgewing te verleen. Een manier om hulp te verleen, is om droë pap te versprei wat voedsame maaltye kan word deur bloot water of melk by te voeg.

 

Dit is waar die NWU se kundigheid handig te pas gekom het. Ná dekades van navorsing en ontwikkeling in ekstrusietegnologie, het komplekse ekstrusiemasjiene die proses vervolmaak om bestanddele (soos mieliemeel) teen hoë druk en hitte in ’n ekstrueerder te kook om binne sekondes ’n gaar, droë produk te lewer.

 

Die fakulteit se innovering het in 2002 tot die ontstaan van ’n newemaatskappy, CFAM Technologies, gelei.

 

Gedurende die afgelope paar weke het CFAM met behulp van vrywilligers en die sakegemeenskap meer as twee miljoen droë papmaaltye geproduseer.

 

CFAM het hierdie innovering verder gevoer en ook ’n voedselkitsbank ontwikkel – ’n herwonne skeepshouer wat met droë pap gevul is en op ’n strategiese plek in ’n woongebied geplaas is.

 

Koepons met ’n pinnommer op word na selfone gestuur, en wanneer dit op die kitsbank se digitale sleutelbord ingesleutel word, word die droë pap deur ’n geut gelewer.

 

Klik hier om te lees hoe hierdie voedsame maaltye deur die druk van ’n knoppie beskikbaar gestel word.

 

Die pasontwikkelde TjopTjop-slimfoontoepassing maak Covid-19-sifting en datavaslegging by skole baie makliker en vinniger.

 

Die Fakulteit Ingenieurswese funksioneer as ’n dinamiese opleidingskern vir veelsydige en innoverende ingenieurs van wêreldgehalte.

 

“Ons waardeer ons bedryfs-, akademiese en gemeenskapsvennote wat ons in staat stel om relevante, volhoubare, multidissiplinêre oplossings te ontwikkel. Ons wil deur kundigheid en samewerking ’n verskil maak.”

 

- Prof Liezl van Dyk, uitvoerende dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese

 

INHOUD

Klik op die video hierbo om te sien hoe die vindingryke TjopTjop-slimfoontoepassing werk.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U