DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Ons vertrou dat julle die volgende stories interessant sal vind:

Eagi vertel wat gebeur

NUUS

Eagi, ons NWU-maskot, help julle om tred te hou met alles wat by die NWU gebeur. So, laat ons sonder meer na die nuuskamer toe gaan waar Eagi vir julle ’n oorsig sal gee.

 

Ons maskot, Eagi, verteenwoordig die handelsmerk-eienskappe van ʼn verenigde NWU.

 

 Die arend het in talle kulture ’n positiewe betekenis. Dit verteenwoordig positiewe eienskappe wat perfek by die NWU se strategie en doelwitte pas. Dit sluit in sukses, ambisie, dapperheid, uitbreiding, nuwe lewe, leierskap en vryheid.

 

 Eagi simboliseer ons toewyding om die lewe met kreatiwiteit aan te pak en bo die res uit te styg.

 

 Hy verteenwoordig ook ons strewe om geleenthede te vind om uit te blink en voortdurend te verbeter.

 

 Foto: Tian du Preez

 


NWU-akademikus pak werkloosheid onder die jeug aan

Terwyl statistieke oor werkloosheid onder die jeug in Suid-Afrika steeds styg, is ’n akademikus van die NWU op die voorpunt om oplossings vir hierdie krisis te vind.

 

Dr Celestin Mayombe van die Skool vir Professionele Studies in Onderwys het onlangs ’n navorsingsreferaat gepubliseer met die titel: “Needs assessment for vocational skills training for unemployed youth in eThekwini Municipality, South Africa”.

 


Palesa haal die top-15

NWU-student Palesa Kheswa is as een van die 15 finaliste in hierdie jaar se Mej Suid-Afrika-kompetisie aangekondig.

 

Palesa het in 2019 ’n BCom-graad in ekonomie en risikobestuur verwerf en studeer tans vir ’n honneursgraad in ekonomie. “Indien ek Mej Suid-Afrika word, wil ek graag mense bewus maak van die maatskaplike ongeregtighede wat mense beperk en terughou,” sê sy.

 


NWU gaan voort om op ranglyste te skitter

Die NWU gaan voort om vir ons ’n plek op internasionale ranglyste te verseker. Die universiteit is nou ook onder die beste 101 tot 150 universiteite uit meer as 350 universiteite op die Times Higher Education (THE) Young University Rankings se ranglys.

 

Dit is die eerste keer dat die NWU op hierdie bepaalde ranglys verskyn wat op universiteite fokus wat nie ouer as 50 jaar is nie. Hierdie jongste ranglys, wat op 24 Junie 2020 gepubliseer is, sluit universiteite van 60 lande in.

 

INHOUD


Die nuwe (onbekende) wêreld van werk

Die wêreld van werk ná die Covid-19-pandemie gaan anders wees as die een waaraan ons gewoond is. Dit is die mening van Bennie Linde, ’n professor in arbeidsverhoudinge aan die NWU se Skool vir Bedryfsielkunde en Mensehulpbronbestuur.

 

“Die beraming dat die Vierde Industriële Revolusie, met ’n meer digitale werkplek, die meeste werkplekke – veral in die finansiële en dienstesektor – binne vyf jaar sou bereik, kan nou met twee tot drie jaar vervroeg word,” sê hy.

 


Hoe die pandemie kinders se gesondheid raak

Kinders se gebrek aan aktiwiteit, saam met eetpatrone wat aan ons leefwyse tydens die inperking gekoppel is, kan ’n onwelkome uitwerking op kinders se gesondheid hê.

 

Prof Salome Kruger van die Sentrum vir Uitnemendheid vir Voeding sê ’n studie wat uitgevoer is om te bepaal wat kinders eet en hoe fisiek aktief hulle is, het ’n paar kommerwekkende resultate opgelewer.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U