DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NUUS

Personeel en studente het die nuwe manier van onderrig en leer aangegryp en ontvang deurlopende ondersteuning hiermee, onder andere van die Sentrum vir Onderrig en Leer, die Universiteitsbestuurskomitee, die Covid-19-reaksiespan en IT.

 

Bemagtig alle studente

 

Hoewel afkampusleer vir die meeste studente ’n aanlyn ervaring is, het die NWU baie moeite gedoen om te verseker dat studente wat tans nie toegang tot tegnologie het nie, ook hul studies kan voortsit. Dit behels die verspreiding van gedrukte leermateriaal en ander hulpbronne aan studente in afgeleë gebiede. (Sien die onderste tekskassie in die linkerkolom.)

 

Akademiese en ondersteuningspersoneel werk onverpoosd saam om te verseker dat alle studente die geleentheid het om die 2020- akademiese jaar suksesvol te voltooi.

 

Pas aan by die nuwe normaal

 

Soos met alle nuwe dinge moes die NWU-gemeenskap die talle uitdagings hanteer wat deur tegniese en ander probleme veroorsaak is. Die Sentrum vir Onderrig en Leer het verskeie kanale geïmplementeer om na dosente uit te reik om hulp, opleiding en advies aan te bied.

 

Reik ’n helpende hand

 

Op hierdie manier hanteer hulle die bekommernisse wat te doen het met eFundi-ondersteuning, ondersteuning vir afstandsleerstudente, en ondersteuning vir personeel wat elektroniese media of die afstandsmodaliteit moet gebruik om aanlyn leer te fasiliteer. Hierdie ondersteuning sluit webinare, telefoniese en videohulp, sowel as gedrukte materiaal in.

 

Namate afkampusleer veld wen by die NWU, het die universiteit beleef dat duisende studente gelyktydig op die eFundi-leerplatform werk en nuwe gebruiksrekords daarstel terwyl die studente hul onderrig voortsit.

NWU pak afkampusleer aan

Die Covid-19-pandemie het meer as net die daaglikse lewe verander. Dit het ook ’n geweldige impak op onderrig gehad.

 

Onderrig wêreldwyd en ook in Suid-Afrika sal nooit weer dieselfde wees noudat afkampusleer – wat aanlyn en afstandsleer insluit – die norm geword het nie. Die NWU & U het gaan kyk hoe die universiteit afkampusleer gebruik om sy akademiese aktiwiteite voort te sit.

 

Help ons studente konnekteer

 

Met die slagspreuk “ons sal niemand agterlaat nie” het die NWU tot dusver R19,6 miljoen aan die aankoop van 3 534 skootrekenaars, en ’n bykomende R2,3 miljoen aan maandelikse datapakkette vir kwalifiserende studente bestee.

 

Die konnektiwiteitsinisiatief was die resultaat van ’n opname wat onder NWU-studente gedoen is. ’n Groot aantal het aangedui dat hul toestelle en toegang tot data broodnodig het.

 

Teen 23 Junie is amper 1 700 skootrekenaars reeds per hand by studente afgelewer. Ten minste 23 267 studente het reeds voordeel getrek uit die data wat aan hulle verskaf is, en sommige het meer as een keer data ontvang.

 

Die bedrag vir die datapakkette gaan waarskynlik afneem, aangesien studente wat na die kampusse terugkeer Wi-Fi-verbindings op die kampusse sal kan gebruik.

 

 

Prof Robert Balfour

 

“Ons prioriteit regdeur die Covid-19-krisis is om studente te ondersteun om hul studies voort te sit deur die modaliteite wat die beste by hierdie buitengewone omstandighede pas,” sê prof Robert Balfour, die adjunk-visekanselier vir onderrig en leer.

 

“Net so fokus die universiteit se beplanning wat ons personeel betref daarop om veilig te bly en om hulle te bemagtig om onderrig vanuit hul tuisomgewings te laat voortgaan.”

 

 

IT: durf die onbekende aan

 

Die NWU se Departement Inligting en Tegnologie (IT) het uit hul pad gegaan om die universiteit vir aanlyn leer voor te berei.

 

Die IT-direkteur, Boeta Pretorius, sê hoewel hulle reeds goed op pad was om ’n digitale strategie te finaliseer om met die Vierde Industriële Revolusie tred te hou, het die skuif na aanlyn leer hulle gedwing om hul digitale reis te versnel.

 

“Ons sal nie nou weer agteruit beweeg nie,” sê hy. “Ons het geleer dat digitale transformasie sakemodelle, kultuur, kliënte, bedryfsmodelle en tegnologie raak. Dit is NOU die tyd om voet in die hoek te sit en nie rem te trap nie.”

 

Hier is ’n paar interessante feite:

 

  • Die getal studente wat elke dag ons aanlynleerplatform, eFundi, gebruik, het ten minste verdubbel.
  • Dosente het ongeveer drie teragrepe inhoud op eFundi gelaai sedert die staat van inperking begin het.
  • Gedurende die laaste ses maande van 2019 was daar 4 943 Vidyo-videokonferensieverbindings, vergeleke met die 5 470 verbindings op Vidyo tydens die eerste 16 dae van die staat van inperking. “Hoewel ons nie data oor konneksies deur middel van ander programme het nie, kan ek met vertroue sê dat honderde virtuele vergaderings elke dag plaasvind,” voeg Boeta by.

 

Grendeltyd begin

26 Maart

Leer in die tyd

van Covid-19

Klik hier om die tydlyn te sien wat ons reis na afkampusleer demonstreer.

INHOUD

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U