DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Prof Dan Kgwadi

Geagte alumni

 

Ek het onlangs ons planne uiteengesit om te verseker dat ons die 2020- akademiese jaar kan voltooi. Dit is aangenaam om te kan rapporteer dat ons planne op koers is. Soos ons voorheen aangedui het, het ons ná ’n aanvanklike oriënteringstydperk sedert 4 Mei 2020 met ons aanlyn onderrigprogram voortgegaan.

 

Ná die verlaging na vlak 3 van die Covid-19-inperking het ons ons herintegrasieplan vir personeel en studente geïmplementeer.

 

Ons het op 15 Junie 2020 met die herintegrasie van personeel begin, en met dié van studente op 17 Junie 2020. Dit het behels dat geïdentifiseerde groepe studente op grond van leiding wat deur die Ministerie van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovasie verskaf is, genooi is om terug te keer. (Lees meer hieroor in die tekskassie links.)

 

Studente kan hul studie aanlyn voortsit indien dit haalbaar is en indien hulle nie toegang tot laboratoriums nodig het en nie kliniese opleiding hoef te ontvang nie.

 

Soos in die tekskassie uiteengesit, het ’n aantal studente teruggekeer. Hulle en al die ander persone op die NWU se perseel moet al ons protokolle uiters nougeset navolg. Hierdie protokolle word gegrond op die betrokke staatsregulasies en die riglyne wat die Departement van Gesondheid en die Wêreldgesondheidsorganisasie verskaf, en is nodig om die gesondheid en veiligheid van personeel, studente en ander belanghebbers te verseker.

 

Gereed om te help

 

Die meerderheid personeel werk steeds van die huis af, maar personeel wat noodsaaklike dienste verrig en dié wat nodig is om die terugkeer van studente te ondersteun, het na ons kampusse teruggekeer.

 

Ons is baie trots op ons personeel wat nie geaarsel het om hul kundigheid in te span om by die stryd teen Covid-19 betrokke te raak nie. Hul innoverende bydraes wissel van die produksie van handsaniteerders tot die ontwikkeling van ’n bekroonde siftingsapp genaamd TjopTjop.

 

Laastens wil ek spesiaal hulde bring aan julle, ons alumni, onder meer vir julle ondersteuning van ons Covid-19-reaksiefonds. Die NWU het tot dusver R19,6 miljoen aan die aankoop van 3 534 skootrekenaars, en ’n bykomende R2,3 miljoen aan maandelikse datapakkette vir kwalifiserende studente bestee.

 

Julle hulp in hierdie moeilike tyd word hoog op prys gestel. Ons sien almal uit na ’n tyd wanneer ons weer persoonlik kontak kan maak.

 

 

Beste wense,

 

 

Prof Dan Kgwadi

Visekanselier

Boodskap
van die visekanselier

REDAKSIONEEL

 

Studente keer terug na kampusse

 

Hierdie studente is genooi om terug te keer na al drie NWU-kampusse:

 

  • Finalejaarstudente wat toegang tot laboratoriums, tegniese toerusting, data, konnektiwiteit en koshuis- en privaat verblyf nodig het.

 

  • Studente in alle studiejare wat kliniese opleiding in hulle programme moet ontvang (indien die platforms vir kliniese opleiding voldoende ruimte het en hulle kan akkommodeer terwyl daar aan veiligheidsprotokolle voldoen word).

 

  • Nagraadse studente wat laboratoriumtoerusting en ander tegniese items benodig om hul studies voort te sit.

 

  • Studente wat die papiergebaseerde afstandsmodaliteit gekies het. Hierdie groep bestaan uit studente wat in gebiede woon waar daar geen konnektiwiteit is nie en wat, selfs met ’n toestel en data, nie toegang tot ons aanlyn onderrigprogram kan kry nie.

 

INHOUD

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U