DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Ruhann, ’n NWU-navorser en dosent wat tans ook met sy PhD besig is, het oorgeneem by NWU se prof Juaneé Cilliers, wat haar laaste bydrae tot Omgewingspraatjies op 25 April gelewer het.

 

Deur in haar voetspore te volg, sit Ruhann ’n gesogte tradisie voort, aangesien die NWU reeds jare lank  interessante en lewendige bydraes lewer tot Radio Sonder Grense se gewilde weeklikse omgewingsprogram, Omgewingspraatjies.

 

Wat ’n voorreg

 

Ruhann is baie opgewonde daaroor om die werk van die NWU-kundiges, Juaneé en haar voorganger, prof Kobus van der Walt, voort te sit.

 

“Die wetenskaplike gemeenskap verwag al hoe meer  van vakkundiges dat hulle wetenskaplike advies moet gee, selfs al word dit op ’n informele manier gedoen. Dit is dus ’n voorreg om my insigte met die publiek te deel.”

 

Met amper twee miljoen luisteraars wat elke Saterdagoggend inskakel, het die program bewys dat dit deur die jare ’n buitengewone platform vir omgewingsentoesiaste en wetenskaplikes is om oor belangrike omgewingsaangeleenthede te gesels.

 

Dit is nie net die radioprogram wat ongelooflik gewild is nie. Die meegaande Facebook-blad, wat deur nagraadse NWU-studente Sumari Hattingh en Niké Jacobs  behartig word, spog tans met meer as 30 000 aktiewe volgelinge.

 

Sprei sy vlerke

 

Tydens Ruhann se eerste program, wat op 2 Mei uitgesaai is, het hy Bouvet bespreek, wat waarskynlik die mees afgeleë eiland ter wêreld is, en waar hy op pad na die Suid-Afrikaanse basis in Antarktika aangedoen het.

 

“My liefde vir die omgewing spruit uit die tyd toe ek tydens my meestersgraadstudies drie maande lank as vrywilliger in Antarktika gewerk het. Ek het daar gesien hoe al die maatreëls in plek gesit word om Antarktika te bewaar en dit ongerep te hou. Ek dink dit was ’n goeie manier om die uitsending mee af te skop – met iets wat my ná aan die hart lê.”

 

Hy sê dat hy dit terdeë geniet om Omgewingspraatjies aan te bied.

 

“Dit is altyd ’n uitdaging om wanneer ’n nuwe aanbieder oorneem, te verseker dat die program nie luisteraars verloor nie. Die radiogehoor het my met oop arms verwelkom.” Hy sê dat die talle boodskappe op die Facebook-blad die bevestiging is dat die program se lojale aanhangers hom aanvaar het.

 

“Ek is mal daaroor om dinge na te vors en ek leer baie wanneer ek interessante mense ontmoet. Die program gee my die geleentheid om dit te doen.

 

“Ek besef dit is ’n groot verantwoordelikheid om die program aan te bied, aangesien ’n mens wetenskaplik en feitelik korrek moet wees.” Hy sê dit is ook belangrik om goeie taalgebruik te handhaaf. “Gelukkig is daar hulpbronne beskikbaar soos die Virtuele Instituut vir Afrikaans (Viva), wat maklik is om te gebruik en altyd mense beskikbaar het wat bereid is om te help.”

NUUs

NWU se nuwe stem vir gewilde radioprogram

Hy mag dalk die nuwe outjie in die omtrek wees, maar sedert Ruhann Steyn met die 1,8 miljoen luisteraars van Omgewingspraatjies begin gesels het, het hy met gemak en flair onderwerpe aangepak wat wissel van die mees afgeleë eiland in die wêreld tot koue fronte en die herwinning van plastiek.

Ruhann Steyn, navorser, dosent en PhD-student, is nie net ’n omgewingsentoesias en wetenskaplike nie. Hy is ook ’n regte huishoender en geniet dit om tyd saam met sy vrou, Linell en Poplap en Melmac, hul twee cockerspaniëls, deur te bring.

 

Hy deel sy kundigheid

 

Ruhann het reeds oor ’n wye reeks onderwerpe gepraat.

 

Dit sluit in die afname in lugbesoedeling sedert die staat van inperking begin het, die kameeldoringwoud naby Kathu in die Noord-Kaap, en hoe herwonne plastiek gebruik word om paaie en skole te bou.

 

Hy sê dit was veral die program oor lugbesoedeling en die kameeldoringbome wat baie aandag by Facebook-deelnemers gekry het.

 

Klik op die pyltjie hieronder om te luister na wat Ruhann oor die kameeldoringwoud naby Kathu te sê het.

 

Ruhann geniet die ongereptheid van Antarktika.

INHOUD

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U