DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Beste alumni

 

Ek het nou die dag gesien toe twee vriende mekaar toevallig in ’n supermark raakloop. Hulle het hul arms wyd oopgegooi om mekaar ’n drukkie te gee, maar toe besef dat sosiale distansiëring die veiligste sal wees.

 

Dit het my laat nadink oor wat mense nodig het, veral nou tydens die staat van inperking.

 

Baie van ons weet van Maslow se hiërargie van behoeftes, waar die laagste vlakke die fisiologiese en veiligheidsbehoeftes is, en dié hoër op die behoefte aan liefde, selfwaarde en selfaktualisering.

 

Vir diegene van ons wat bevoorreg genoeg is, word ons laervlakbehoeftes steeds tydens inperking bevredig. Ander wat egter nie so gelukkig is nie, steier onder die vernietigende ekonomiese gevolge van die pandemie.

 

Om mense in nood te help, ontwikkel talle kundiges by die NWU – byvoorbeeld ons ingenieurs –  broodnodige toerusting wat wissel van ’n bekroonde voorsiftings-app tot “OTM’e” waar mense voedsame kos kan kry.

Wanneer ons basiese behoeftes bevredig is, het ons ook die behoefte om ons siele te voed. Hierdie hoërvlakbehoeftes sluit in dat ons graag skoonheid wil ervaar.

 

Talle natuurliefhebbers kon – veral tydens die vroeër strenger inperkingsvlakke – nie wag om terug te keer na die bos, die see of die berge nie.

 

Gelukkig vir hulle kon hulle steeds na dokumentêre programme oor die natuur kyk, of na omgewingskundiges luister wat hul kundigheid oor die radio deel. Een so ’n omgewingskundige is die NWU se Ruhann Steyn, wat Saterdagoggende sy kennis op RSG se radioprogram Omgewingspraatjies deel.

 

Vir diegene wie se siele deur wonderlike klanke geraak word, vertoon talle musici deesdae hul talente deur middel van aanlyn optredes, soos die konsert wat die NWU-alumni onlangs gehou het. Talle van hierdie alumni het al in vorige uitgawes van NWU & U verskyn, en die sanger en liedjieskrywer Jako Meyer word in hierdie uitgawe bekendgestel.

 

Kom ons probeer om na die behoeftes van die mense rondom ons om te sien – hetsy dit vir kos is, of vir liefde of die verlange om iets moois te beleef. Op hierdie manier sal ons ook ons eie behoefte vervul, naamlik om te weet dat ons ’n verskil in ander mense se lewens maak en dat ons eie bestaan sinvol is.

 

 

Lekker lees,

 

Nelia en die

NWU & U-span

Wat die liggaam en siel tydens grendeltyd nodig het

REDAKSIONEEL

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Belinda Bantham

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Annette Willemse

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Tshepisho Sebeela (Mahikeng) tshepisho.sebeela@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

 

INHOUD

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U