DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

vorige

<

NUUs

Die finaliste vir die Nasionale Wetenskap en Tegnologie Forum (NSTF)-South32-toekennings is prof Rose Hayeshi, prof Frikkie van Niekerk en prof Josef de Beer.

 

Die NSTF-toekennings gee erkenning aan die uitmuntende bydraes van individue en groepe tot wetenskap, ingenieurswese en tegnologie (SET) en innovasie. As gevolg van die prestige wat aan hierdie toekennings verbonde is, staan hulle as Suid-Afrika se “Wetenskap Oscars” bekend.

 

Ontmoet ons benoemdes

 

Rose, ’n medeprofessor en direkteur van die *DWI/NWU Prekliniese Geneesmiddelontwikkelingsplatform, is as opkomende navorser vir die TW Kambule-NSTF-toekenning benoem, terwyl Frikkie, van Kerningenieurswese en die Eenheid vir Energie en Tegnologie, vir die Bestuurstoekenning benoem is.

 

Josef, as die spanleier van die NWU se Onderwysers Sonder Grense-projek in die navorsingseenheid Selfgerigte Leer, is vir die Kommunikasietoekenning benoem. Die lede van sy span is prof Neal Petersen (natuurwetenskappe), prof Marthie van der Walt (wiskunde), Tswakae Sebotsa (natuurwetenskappe) en Benjamin Seleke (tegnologie).

 

’n Beoordelingspaneel van onafhanklike beoordelaars is vir die akkreditasie- en keuringsproses vir die NSTF-South32-toekennings verantwoordelik. Die 22ste jaarlikse toekenningsfunksie sal op 30 Julie lewendig uitgesaai word en hierdie jaar se tema, Plantgesondheid, vier.

 

Ons hou natuurlik duim vas dat ons drie wetenskaplikes binnekort ’n wonderlike (virtuele) aand by die Oscars gaan deurbring – as finaliste, en hopelik ook as kategoriewenners.

 

*Departement van Wetenskap en Innovasie

’n Aand by die Oscars

Drie NWU-wetenskaplikes se plek is bespreek op die rooi tapyt wat vir hierdie jaar se Wetenskap Oscars uitgerol is.

INHOUD

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U