DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

PROFIELE

Die 32-jarige Dumile, wat in Itsoseng, ongeveer 40 km vanaf Mahikeng, gebore is en grootgeword het, is vandag die bestuurder vir openbare betrekkinge by die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR) se hoofkantoor in Kaapstad.

 

Maar wat is passie sonder praktyk? Dumile skryf sy sukses gedeeltelik toe aan The Album, die kampuskoerant op die Mahikengkampus, waar hy sy BA en BAHons in kommunikasie voltooi het.

 

As student het hy as vrywilligerjoernalis en later as subredakteur gewerk vir The Album, wat wyd deur studente en personeel op die kampus en in die breër Mahikeng-gemeenskap gelees is.

 

“Ek sal altyd dankbaar wees vir die geleentheid wat The Album my gebied het om my skryfvaardighede op te skerp – iets wat broodnodig is in hierdie beroep,” sê hy.

 

Ervaring is uiters waardevol

 

Hy beklemtoon die belangrikheid van vrywilligerwerk terwyl jy studeer, en verduidelik dat die ervaring en die verwysing baie waardevol is wanneer ’n mens ’n nuwe beroep betree.

 

“Benewens ’n mens se akademiese opleiding, is ko-kurrikulêre ervaring noodsaaklik om ’n goed afgeronde gegradueerde gereed te maak om die korporatiewe wêreld met mening aan te pak,” voeg hy by.

 

Nadat hy sy eerste graad voltooi het, is hy deur Noordwes se Provinsiale Departement van Menslike Nedersettings gewerf om ’n eenjaar-internskapprogram te voltooi. Hy was veral by die skryf van toesprake, die ontwikkeling van inhoud en by navorsing betrokke.

 

Leer ken die bedryf

 

Hy was in 2012 terug by sy alma mater, hierdie keer met ’n nuwe hoed op as kontrak-kommunikasiebeampte. Hy is in 2015 deur die NWU gewerf om op ’n permanente basis in dieselfde hoedanigheid op die Vanderbijlparkkampus te werk voordat hy laat in 2017 as koördineerder vir bemarking en kommunikasie na die Universiteit Stellenbosch (US) verskuif het.

 

Hy is aan die universiteit se gelykheidseenheid toegewys, waar hy gehelp het om die eenheid as eenstopgerief vir alle insidente van onbillike diskriminasie, teistering, viktimisering en MIV-verwante sake regoor die universiteit te posisioneer.

 

Gedurende sy tyd by die US het hy nie net die aard van korporatiewe kommunikasie in die hoëronderwyssektor leer ken nie, maar terselfdertyd ook meer geleer van beleid met betrekking tot sake van maatskaplike geregtigheid.

 

“Hoewel ek altyd passievol was oor my werk as kommunikasiespesialis, het ek gevind dat ek ook kwesbare mense kan help deur hul standpunte en probleme onder die aandag van beleidmakers te bring,” sê Dumile.

Kampuskoerant deel van sy pad na sukses

Min het Dumile Mlambo geweet toe hy aanvanklik op hoërskool sy passie vir kreatiewe skryfwerk en openbare redevoering ontdek het, dat hy eendag een van die baanbrekers op die gebied van openbare betrekkinge sal wees.

Dumile Mlambo dra baie hoede: gesinsman, kommunikasiekundige en bemagtiger, en as alles volgens plan verloop, sal hy binnekort meestersgraadstudent kan byvoeg. Hy is met sy universiteitsliefde, Lerato, getroud.

 

Watwou stilsit!

 

Wanneer Dumile Mlambo nie deur middel van uitreikprogramme aan die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se reputasie werk, persvrystellings uitreik of medianavrae hanteer nie, is hierdie pa van twee lewendige seuntjies op die lug om jongmense te bemagtig.

 

Hy word dikwels uitgenooi om deel te neem aan die jeugprogramme van verskillende nasionale en plaaslike radiostasies waartydens hy oor verskillende onderwerpe, insluitende sosiale media, praat.

 

Hy deel sy insigte oor kubersekuriteit en kuberboeliery, en hoe om sosiale media as ’n persoonlike handelsmerkplatform en ’n bemarkings- en reklame-instrument vir opkomende entrepreneurs te gebruik.

 

Hy doen ook op ’n vryskutbasis baie transkripsiewerk, terugvertalings (Engels/Setswana), redigering en proefleeswerk.

 

Dumile se toekomsplanne sluit in dat hy ’n MA in kommunikasie wil verwerf – iets wat hy sê hy lankal moes doen – en om ’n firma te registreer om sy konsultasiewerk formeel te kan uitvoer.

INHOUD

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U