REDAKSIONEEL

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Hanlie Smuts

Annette Willemse

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en verskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 or nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Susan van Rooyen (Mahikeng)   susan.vanrooyen@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

Ons gee vir julle wat julle graag wil hê

Beste alumni

 

Soos julle kan onthou, het die NWU verlede jaar ’n omvattende opname onder julle, ons alumni, geloods. Deel van hierdie opname was om uit te vind wat julle kommunikasievoorkeure is.

 

Van die resultate het vir ons gewys oor watter onderwerpe julle graag wil lees. Hier is die top vyf onderwerpe, van die relevantste tot die mins relevante:

 

  • Taalbeleid
  • Uitdagings by die NWU
  • Gehalteversekering
  • Strategiese bestuur en beplanning
  • Kampusnuus

 

Waar dit oor spesifieke areas gaan, het julle aangedui dat die volgende onderwerpe vir julle belangrik is:

 

  • Onderrig en leer: nuwe kwalifikasies, internasionale samewerking, kortkursusse, fakulteitsnuus en prestasies van dosente
  • Navorsing en innovering: implementering van kundigheid, navorsingsprestasies, innovering en tegnologie, en nagraadse studievelde
  • Studentesake: studente se sukseskoers ten opsigte van indiensneming, studente se prestasies, kulturele en sportaktiwiteite, asook die algemene studente-ervaring
  • Alumnisake: loopbaandienste wat vir alumni beskikbaar is, alumni wat buitengewone bydraes lewer, alumnibyeenkomste en reünies, geleenthede vir alumni om as mentors vir studente op te tree, en toekennings wat alumni ontvang.

 

Nuus oor navorsingsake word ’n paar keer per jaar deur middel van ’n spesiale elektroniese nuusbrief, Navorsing@NWU, aan julle gebring. Om herhaling te vermy, plaas ons nie navorsingsnuus in die NWU & U ook nie.

 

Wat die ander onderwerpe betref wat julle genoem het, gaan ons ons bes doen om in die jaar wat voorlê vir julle nuus daaroor te bring. Ons het trouens in hierdie uitgawe reeds daaroor begin skryf. Voorbeelde sluit in die artikel oor die hersiening van die NWU se taalbeleid en die artikel oor hoe die universiteit die kwaliteit van sy akademiese programme verseker, en die nuwe reeks oor ons buitengewone studente. Julle sal ook drie stories kry wat kampusnuus dek, naamlik:

 

 

Onthou, julle hoef nie te wag vir die volgende alumni-opname om julle sê te sê nie – julle is altyd welkom om aan ons terugvoer oor die NWU & U te gee. In die grys kolom aan die regterkant van elke bladsy is ’n “stuur”-knoppie en ’n uitnodiging wat soos volg lui: “Stuur asseblief vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle graag wil maak, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies. Ons waardeer julle menings en insette – per slot van rekening, die NWU & U behoort aan ons almal.”

Komaan, stuur vir ons julle terugvoer – en lees intussen lekker.

 

Nelia en die

NWU & U-span

 

 

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U