nuus

 

Leer die Konvokasie ken

 

Hier is ’n paar interessante feite uit die aanbieding wat deur dr Sammy Thekiso, die uittredende voorsitter van die Konvokasie, gedoen is.

 

  • Bert Sorgdrager, die nuwe president van die Konvokasie, verteenwoordig die struktuur op die NWU-Raad. Hy is in Augustus 2017 verkies en sy termyn eindig op 8 Augustus 2020.

    Hy is die alternatiewe lid van die Raad se uitvoerende komitee vir raadslid Francois Strydom, en is ’n lid van die Vergoedingskomitee en die Oudit-, Risiko- en Nakomingskomitee.

 

  • Daar is tans 4 877 lede op die Konvokasierol. Die meerderheid, 2 177, is van Gauteng, gevolg deur 1 439 van Noordwes, 370 van die Wes-Kaap en 256 van die Vrystaat.

 

 

Konvokasie hou ’n besige, produktiewe vergadering

Wanneer ’n groep slegs een keer in drie jaar vergader, moet hulle die tyd deeglik benut. Die Konvokasie het op 11 Maart tydens hul vierde driejaarlikse vergadering op die kampus in Potchefstroom ’n uitgebreide agenda aangepak.

Lede van die pasverkose uitvoerende komitee van die Konvokasie is voor, van links, Werner Human (tesourier), Bert Sorgdrager (president) en Nelson Mongale (adjunkpresident). Agter is Karien Brits, Frik van Deventer, adv Marlize Kruger en Cecil Ramonotsi. (Nie in die foto nie: Paul Maritz).

Die werk het die goedkeuring van die Konvokasie se grondwet, die verkiesing van ’n nuwe uitvoerende komitee, die bespreking van die hersiening van die NWU se taalbeleid en -plan, en aanbiedings oor die NWU en alumnisake ingesluit.

 

Die Konvokasie se grondwet moes goedgekeur word nadat dit hersien is om die nuwe NWU Statuut te weerspieël. Dit was hoog op die agenda, aangesien die grondwet die hoeksteen van die Konvokasie self is.

 

Die pasverkose uitvoerende komitee word gelei deur Bert Sorgdrager as president, Nelson Mongale as adjunkpresident, en Werner Human as tesourier.Die vyf addisionele lede is Karien Brits, Frik van Deventer, adv Marlize Kruger, Cecil Ramonotsi en Paul Maritz.

 

Die hersiening van die NWU se taalbeleid en -plan is uitvoerig bespreek, met lede wat hulle menings en bekommernisse gelug het. Meer inligting oor hoe die NWU die beleid en plan gaan hersien, is beskikbaar in die artikel “Konsultasie is sleutel tot hersiening van taalbeleid”.

 

Tydens die vergadering het prof Dan Kgwadi, die NWU se visekanselier, oor die NWU se prestasie en toekomstige strategiese prioriteite gepraat. Hy het ook die vergadering ingelig oor die nuwe NWU-struktuur, die aantal fakulteite wat ons nou het en die dekane wat tot dusver aangestel is.

 

Dr Sammy Thekiso, die uittredende president van die Konvokasie, het verslag gedoen oor wat die Konvokasie se vorige uitvoerende komitee gedoen het en het strategiese idees vir die toekoms van die Konvokasie gedeel.

 

Bert Sorgdrager, die pasverkose president en ook die uittredende voorsitter van die Alumnivereniging, het oor die Alumnivereniging se aktiwiteite verslag gedoen.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Het jy geweet?

 

Bert Sorgdrager, in sy hoedanigheid as uittredende voorsitter van die Alumnivereniging, het hierdie feite met die vergadering gedeel.

 

  • Wat kommunikasie met alumni betref, is ’n totaal van 3 530 133 e-posse, 360 193 teksboodskappe en 386 briewe tussen 2015 en 2017 aan alumni gestuur.

 

  • Daar is tans 199 450 alumniprofiele op die databasis. Van hulle is
    35 613 nuwe profiele wat tussen 2015 en 2017 geskep is, terwyl 74 442 bygewerk is.

 

  • Die meeste van ons alumni woon in Noordwes en Gauteng. Die derde meeste is van KwaZulu-Natal, terwyl Mpumalanga en die Vrystaat kort op hulle hakke is.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U