nuus

Cornia Pretorius, ’n dosent aan die NWU en voormalige joernalis, en prof Piet Prinsloo, ’n voormalige rektor van die Vaaldriehoekkampus en ’n professor in geskiedenis, het die boeke oor die totstandkoming van die NWU geskryf. By hulle is prof Dan Kgwadi, visekanselier.

Cornia Pretorius het haar boek, Forging Unity: The story of the North-West University’s first ten years, aan “die mense van die Noordwes-Universiteit wat nie bang vir verandering is nie” opgedra.

Boeke vertel die storie van ons samesmelting

Twee nuwe boeke oor die fassinerende geskiedenis van die NWU en die rol van sy prominente figure is onlangs gepubliseer.

Die skrywers is Cornia Pretorius en prof Piet Prinsloo, wie se verskillende maar aanvullende boeke waardevolle inligting bevat en interessante leesstof oor die ontstaan van die universiteit bied.

 

Cornia was verantwoordelik vir die boek Forging Unity: The story of the North-West University’s first ten years, en Piet het North-West University (NWU): A merger and incorporation story, 2004 – 2014 geskryf. Albei boeke is in Desember by die visekanseliershuis in Potchefstroom bekend gestel.

 

Hulle is geskryf as deel van ’n projek in opdrag van die kantoor van die visekanselier. Die skrywers het volle onafhanklikheid ten opsigte van die inhoud behou. Albei boeke dek dieselfde tydperk, maar die invalshoeke verskil.

 

Voormalige rektor dokumenteer geskiedenis

 

Piet is ’n voormalige rektor van die Vaaldriehoekkampus van die NWU en ’n professor in geskiedenis.

 

Sy boek is ’n meer formele, dokument-gebaseerde geskiedenis van die NWU. Dit vertel die verhaal van die NWU as organisasie in die konteks van die veranderende hoëronderwyslandskap en die universiteit se eiesoortige samestelling.

 

North-West University (NWU): A merger and incorporation story, 2004 – 2014 is as ’n elektroniese boek uitgegee en moet saam met Cornia se boek gelees word.

 

Joernalistieke fokus op belangrike figure

 

Forging Unity: The story of the North-West University’s first ten years is ’n joernalistieke verhaal van die mense van die NWU en van hulle interaksie met mekaar in die emosie-belaaide samesmeltingsproses.

 

Cornia is ’n dosent aan die NWU en voormalige joernalis by die Sunday Times, Mail & Guardian en Beeld. Haar boek dek ook die dramatiese gebeure wat tot die voortydige vertrek van die voormalige visekanselier, dr Theuns Eloff gelei het.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Waar om die boeke te vind

 

Jy kan gratis toegang tot Piet se boek kry deur hier te klik.

 

Cornia se boek is in gedrukte én elektroniese formaat beskikbaar. Klik hier vir die elektroniese weergawe.

 

Kontak Izette Schouwstra by die alumnikantoor by izette.schouwstra@nwu.ac.za vir die gedrukte weergawe, wat teen R250 (BTW ingesluit) beskikbaar is.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U