nuus

 “Gehalte is nie iets wat ons doen nie, dit is iets wat ons lewens rig,” sê dr Franciska Bothma, uitvoerende adviseur van die Adjunk-visekanselier: Onderrig en Leer.

 

Punte op al die regte plekke

 

Klik op die ikone hier onder om meer te lees oor die rolle wat elkeen van hierdie eksterne liggame speel in die goedkeuring, akkreditasie en registrasie van nuwe kwalifikasies of veranderinge aan bestaande kwalifikasies.

  • Die DHOO kyk na die finansiële lewensvatbaarheid, volhoubaarheid van teikenmarkte en die aspekte van ’n nuwe voorlegging wat aan die doelwitte sal voldoen.

  • Nadat die DHOO goedkeuring verleen, moet die Hoëronderwys-Kwaliteitskomitee (HOKK) – ’n subkomitee van die RHO – die akademiese program van ’n DHOO-goedgekeurde kwalifikasie akkrediteer. Dit is ’n strawwe aanlyn medewerker-beoordelingsprogram wat talle maande kan duur.

  • Ná HOKK-akkreditasie moet SAKO die nuwe kwalifikasie en sy akademiese program op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) registreer. Slegs dan kan ons begin om die program te bemark en aan te bied.

 

Verder doen die RHO gereelde hersienings van akademiese programme op ’n nasionale vlak om die gehalte van akademiese aanbiedings te verseker en seker te maak dat hulle relevant bly ten opsigte van die land se ekonomiese behoeftes.

 

Kwaliteit: wat saak maak, is wat jy lewer

“Kliënte kyk nie hoe hard jy probeer het nie. Hulle kyk na wat jy lewer.”

Só het die bekende Steve Jobs gesê, en dit bly steeds net so belangrik op akademiese gebied as wat dit in die sakewêreld is.

 

Dit is veral waar by die NWU, waar dit gaan oor die lewering van gegradueerdes van ’n hoë gehalte wat waardevolle sosio-ekonomiese bydraes tot Suid-Afrika kan maak.

 

Gehalteversekering is die kern van alle fasette van die universiteitslewe. Dit sluit in infrastruktuur, leierskap en bestuur, akademiese en steundienste, asook die studentelewe binne en buite die klaskamer. Alles moet tot die skepping van ’n kultuur van gehalte bydra, en tot die geleentheid vir elke student om suksesvol te wees.

 

In hierdie artikel fokus ons veral op die verskillende prosesse wat verseker dat ons akademiese programme van uitmuntende gehalte is.Van hierdie prosesse is interne universiteitsvereistes, terwyl ander die gevolg van voldoening aan die eksterne regulatoriese omgewing is.

 

Kom ons begin by die interne maatreëls:

 

  • Die akademici in ’n fakulteit konseptualiseer ’n program deur ’n deeglike situasie-ontleding te doen om die lewensvatbaarheid en markbehoefte vir só ’n program vas te stel.
  • Nadat die fakulteitsbestuur en die Senaatskomitee vir Akademiese Standaarde (SKAS) die situasie-ontleding goedgekeur het, ontwikkel die akademici, saam met die Sentrum vir Onderrig en Leer en die Kwalifikasie en Akademiese Programbeplanningseenheid, die akademiese program sodat dit vir oorweging en goedkeuring aan SKAS voorgelê kan word.

 

Wanneer dit by eksterne regulering kom, kan ons onderskei tussen prosesse wat professionele liggame behels en dié wat die voldoeningsomgewing van hoër onderwys reguleer.

 

  • Professionele rade reguleer die standaarde van akademiese programme vir sekere professies. Liggame soos die Ingenieursraad van SA of die SA Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters hersien gereeld die gehalte van ons akademiese programme om te verseker dat gegradueerdes by hulle kan registreer en ’n loopbaan in die betrokke gebied kan volg.

 

  • Daar is drie eksterne regulerende liggame wat verskillende vereistes vir goedkeuring, akkreditasie en registrasie van nuwe kwalifikasies of veranderinge ten opsigte van bestaande kwalifikasies het. Hulle is die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), die Raad op Hoër Onderwys (RHO), en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO). (Meer inligting hieroor is in die tekskassie links beskikbaar.)

 

  • Boonop is daar gereelde nasionale projekte wat vereis dat universiteite die gehalte van akademiese programme deeglik ondersoek. Die RHO doen ook omvattende universiteitswye oudits op ’n rotasiebasis – die NWU het in 2004 en 2010 sulke oudits ondergaan. Ons verwag dat universiteite weer gedurende 2019/20 as deel van die RHO se Kwaliteitverbeteringsprojek nasionale hersienings sal ondergaan.

 

Wanneer julle bogenoemde lees, kan julle sien dat ons baie moeite doen om seker te maak dat ons akademiese programme van die hoogste standaard is. Wees verseker dat ons hierdie toegewyde pogings nie net aanwend omdat dit deur wetgewing vereis word nie, maar ook omdat ons besef dat ons belanghebbers ons meet aan dít wat ons lewer.

 

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Hoe geskik is ons gegradueerdes vir werk?

 

Die NWU het vir die afgelope drie jaar opnames gemaak onder ons gegradueerdes nadat hulle graad gekry het.

 

Die resultate toon dat 86,84% van die NWU-gegradueerdes binne ses maande nadat hulle graad gekry het, werk gekry het of met hul studies voortgegaan het. Van dié wat in diens geneem is, het 75,76% binne drie maande werk gekry.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U