nuus

 

Nadat sy tweede was in die klassieke kategorie van Unisa se internasionale sangkompetisie in Pretoria, het Thembinkosi Magagula ʼn verdere prestasie behaal deur nie minder nie as drie pryse by die Voices of South Africa International Opera Singing Competition in Februarie los te slaan.

 

Die pryse wat sy by hierdie geleentheid gewen het, is die Les Azuriales Opera Festival-prys,  die Graham Rogoff Memorial Audience-prys (waar die gehoor die wenner aanwys) en die Most Promising Young Singer-prys.

 

Palesa Malieloa, ’n voormalige student van dr Conroy Cupido, het die derde prys in Unisa se befaamde internasionale sangkompetisie verower. “Dit was my eerste internasionale kompetisie en dit was ’n wonderlike ervaring om deel te wees daarvan.”

NWU se opera-alumni blink uit in kompetisie

Drie van die NWU se Skool vir Musiek-alumni het onlangs in Unisa se internasionale sangkompetisie in Pretoria uitgeblink, waar hulle die tweede en derde prys ingepalm, en ook ʼn semi-finalis opgelewer het.

Die NWU se Skool vir Musiek is ’n plek waar buitengewone talent gekoester en ontwikkel word. Thembinkosi Magagula en Palesa Malieloa het dit bewys toe hulle hul buitengewone sangtalent in die klassieke kategorie van Unisa se sesde jaarlikse internasionale sangkompetisie ten toon gestel het. Thembinkosi het die tweede plek verower, en Palesa het met die derde prys weggestap. Nog ’n NWU-alumna, Nombuso Ndlandla, het die NWU ook trots gemaak deur as ʼn semi-finalis te eindig.

 

Die kompetisie, wat van 23 Januarie tot 3 Februarie plaasgevind het, het aan klassieke en jazz sangers van alle nasionaliteite die geleentheid gegee om hul talente ten toon te stel. Plaaslike sangers sowel as dié van onder andere Frankryk, Rusland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika het deelgeneem.

 

Dit was die eerste keer dat al drie finaliste in die klassieke kategorie Suid-Afrikaners was. Masabane Cecilia Rangwanasha van die Universiteit van Kaapstad het die eerste prys gewen. Die prysgeld was R200 000 vir die oorhoofse wenner, en R130 000 en R80 000 vir die tweede en derde prys onderskeidelik.

 

Die kompetisie geniet hoë aansien en is ’n geregistreerde lid van die Wêreld Federasie van Internasionale Musiekkompetisies.

 

Dr Conroy Cupido, senior lektor by die Skool vir Musiek, sê hulle is baie trots op die hoë standaard van onderrig in die sangdepartement. “Ons studente kan op nasionale en internasionale vlak suksesvol meeding. Ons het gesien hoe talle alumni ongelooflike hoogtes in hulle loopbane bereik, deel van internasionale operahuise word en op verhoë regoor die wêreld pryk.”

 

Hy sê die personeel by die Skool vir Musiek is verheug oor Thembinkosi, Palesa en Nombuso se prestasies tydens die kompetisie.

 

“Ek is dankbaar vir die wonderlike onderrig wat ek aan die NWU ontvang het, en die fantastiese dosente by die universiteit wat gehelp het om my sangtalent te ontwikkel,” sê Thembinkosi. “Ek kon nie ’n beter instelling vir my voorgraadse studies gekies het nie. Ek is waar ek vandag is as gevolg van die NW.”

 

Klik op die pyltjie hieronder om na Thembinkosi te luister. (Dit duur ’n paar sekondes voor die klankgreep oopmaak.)

 

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Maestro’s benoem vir Fiëstas

 

Die Skool vir Musiek is ook met ’n benoeming in die kategorie vir beste prestasie in klassieke musiek by hierdie jaar se KykNet Fiësta-toekennings vereer. Die toekenning-seremonie het op 8 Februarie plaasgevind.

 

Antoinette Olivier, dr Conroy Cupido en dr Santisa Viljoen is benoem nadat hulle sangstudente verlede jaar by die Aardklop Fees ’n skitterende uitvoering gelewer het in ’n produksie getitel RSG Dis Opera.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U