redaksioneel

 

Prof Dan Kgwadi

Boodskap van die visekanselier

Beste alumnus,

 

Die NWU hersien tans sy taalbeleid en -plan. Die Konvokasie, saam met ander belanghebbers, word tans by die konsultasieproses betrek. Wees asseblief op die uitkyk vir e-pos- en webkommunikasie in hierdie verband. Meer inligting oor die hersiening van die beleid en  plan is beskikbaar in die artikel “Konsultasie is sleutel tot hersiening van taalbeleid”.

 

Die realiteit is dat ons ’n taalbeleid en -plan moet saamstel wat dikwels teenstrydige eise van belanghebbergroepe moet bevredig. Ons riglyn is ons Statuut, wat bepaal dat die taalbeleid van die universiteit “buigsaam en funksioneel moet wees, taalwanbalanse van die verlede moet regstel, en meertaligheid, toegang, integrasie en ’n gevoel van behoort moet bevorder”.

 

In onlangse wetgewing voor die Konstitusionele Hof het regter Johan Froneman opgemerk dat: “... wat veral in die aansoeker se openingsverklaring kortkom, is enige erkenning van die kompleksiteit van die taalregte van ander en die ongelyke behandeling van onderdrukte mense van ander rasse in die verlede, wat nog te sê van die voortgesette bestaan van historiese bevoorregting.”

 

Ons verwelkom betrokkenheid wat hierdie bekommernisse in aanmerking neem. ’n Eenvoudige “ja of nee vir Afrikaans of Engels” sal ons nie ’n stap nader aan ’n oplossing bring nie. Jy word eerder genooi om met ons te gesels oor hoe ons oortuigend en volhoubaar kan reageer op die uitdaging wat deur ons Statuut gestel word.

 

In die praktyk word ons ook onder andere deur die Raad op Hoër Onderwys uitgedaag. Tydens ’n hersiening van graadprogramme het hulle bevind dat ons taalpraktyke om in Afrikaans klas te gee en gelyktydig na Engels te tolk, die effek het dat studente vervreem word. Onthou, hierdie studente luister deur oorfone na die lesing, en ten minste in sommige gevalle ervaar hulle nie die onderrig- en leer-omgewing as inklusief nie.

 

Help ons om te reageer op die 42,9% studente op ons kampusse wat in ’n kultuur- en klimaatopname laat verlede jaar aangedui het dat die gebruik van taal in sosiale situasies hulle uitgesluit laat voel. Of die 23,8% wat gesê het dat hulle akademiese prestasie deur taalpraktyke benadeel word.

 

Help ons om ’n akademiese tuiste vir al ons studente te skep – ongeag hulle kulturele, taal- of sosiale agtergrond. ’n Tuiste wat meertalig en inklusief is, en op uitnemendheid ingestel is.

 

 

 

Vriendelike groete,

 

Prof Dan Kgwadi

Visekanselier

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U