nuus

Dosent Motlogeloa Mokolobate sê die projek het ook ’n onderrigelement, aangesien studente wat betrokke is dit as deel van hulle finalejaar-navorsing gebruik.

Groentetuin dra by tot voedselsekuriteit

Jy maai wat jy saai, lui die gesegde, en Gewaswetenskappe in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe op die kampus in Mahikeng oes die voordele van sy groentekweekprojek.

Gewaswetenskappe-dosent Motlogeloa Mokolobate, met die hulp van sy finalejaarstudente in die vakgroep Gewaswetenskappe, staan aan die hoof van hierdie inisiatief. Die projek is daarop gemik om voedselsekuriteit aan opkampus-studente en die omliggende gemeenskappe te verskaf. Dit fokus daarop om toegang tot ’n gesonde dieet te verseker wat die makro- en mikrovoedingstowwe bevat wat ons liggame nodig het om gesond te bly en natuurlike teenliggaampies te vorm om aansteeklike siektes te bestry.

 

Verskaf voedsame kos

 

Thabiso Mabaso en Thato Ntsimane is twee van die studente wat help om groentebeddings voor te berei.Een van die doelwitte van hierdie projek is om huishoudings op te voed en aan te moedig om hulle eie groente aan te plant, veral in landelike gebiede waar mense beperkte geleenthede het om ’n inkomste te verdien en swak toegang tot markte het.

 

Motlogeloa sê tuinmaak kan voedselsekuriteit op verskeie maniere bevorder. “Dit verskaf direkte toegang tot ’n verskeidenheid voedsame kossoorte, lei tot groter koopkrag as gevolg van besparings op kosrekenings en inkomste uit die verkoop van tuinprodukte, en verseker dat daar in seisoenale maer tye kos is om op terug te val.”

 

Die projek, saam met die universiteit se Meal-a-Day-inisiatief en die Lokaleng-gemeenskap se groenteprojek, help om die las op studente en gemeenskappe te verlig wat nie voedsame kos kan bekostig nie – iets wat ’n negatiewe effek op hul akademiese prestasie en lewensgehalte het.

 

Die projek het ongeveer een hektaar grond gekry en gebruik die kundigheid van grond- en landboukundiges van die universiteit.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NWU & U  |

NWU & U  |

 

INHOUD

NWU & U