profiele

Shaah het in Januarie hierdie jaar Johannesburg toe getrek nadat hy vir ’n pos by ’n multinasionale verskepingsmaatskappy, C. Steinweg Bridge, gewerf is.

 

Vinnige feite oor Shaah:

 

  • Het sy graad 12 op die ouderdom van 15 voltooi.
  • Het die graad BCom Rekeningkunde drie jaar later aan die NWU se kampus in Mahikeng voltooi.
  • Het op die kampus in Potchefstroom BComHons Finansiële Rekeningkunde studeer.
  • Het op die ouderdom van net 23 Suid-Afrika se jongste GR(SA) geword.
  • Skryf sy sukses grootliks aan die steun en aanmoediging van sy familie toe.

 

Vasbeslote om beroep se

integriteit te beskerm

In ’n klimaat waar korrupsie hoogty vier, is dit uiters belangrik om die goeie naam van die rekeningkunde- en ouditberoep hoog te hou, en dit is presies wat alumnus Shaah Ahmed Ismail Bootha van plan is om te doen.

Shaah, ’n geoktrooieerde rekenmeester, is onlangs gewerf vir ’n pos by ’n multinasionale verskepingsmaatskappy, C. Steinweg Bridge. Hy is die maatskappy se nuwe finansiële bestuurder vir korporatiewe dienste, en werk nou saam met die hoof- finansiële beampte en groepregsadviseur.

 

Handhaaf standaarde

 

Shaah glo dat instellings soos die NWU daartoe kan bydra om die integriteit van die rekeningkundeberoep te bewaar deur die belangrikheid van etiese gedrag te beklemtoon – nie net in die korporatiewe wêreld nie, maar ook in die alledaagse lewe.

 

’n Ander manier waarop die universiteit kan bydra, is deur te beklemtoon hoe belangrik dit is om die reeds bestaande standaarde, riglyne en wetgewing na te volg. Op hierdie manier kan korporatiewe skandale in die sakewêreld in Suid-Afrika en internasionaal vermy of vroeër geïdentifiseer word.

 

Shaah sê ’n uitdaging vir die beroep is die feit dat gewetenlose individue die skuiwergate wat moontlik mag bestaan, uitbuit.“As gevolg van groot getalle transaksies kan ouditeurs nie alles 100% verifieer nie. Hulle moet staatmaak op toetsing en beheermaatreëls wat in plek is.

 

"Ongelukkig sal misdadigers altyd maniere kry om hierdie toetse en beheermaatreëls te omseil,” waarsku hy.

 

"Hy glo egter steeds dat daar genoeg en voldoende maatreëls in plek is om die integriteit van die rekeningkundeberoep te beskerm.

 

“As ’n persoon die titel GR(SA) gebruik, moet hy of sy ’n deeglike kennis en begrip van alle standaarde, wette en kodes hê,” sê Shaah, wat voorheen as ’n ouditbestuurder by die ouditeursfirma PwC se Mahikeng-kantoor gewerk het. Hy het onmiddellik nadat hy klaar gestudeer het by PwC aangesluit en was vyf jaar lank by hulle.

 

Hy het onlangs besluit om die verskepingswêreld te betree en het van Mahikeng na Johannesburg getrek sodat hy professioneel sy horison kan verruim. “Ek het gevoel ek kan nie die geleentheid laat verbygaan nie, aangesien dit wonderlike moontlikhede vir leer, professionele groei en ontwikkeling inhou.”

 

As gevolg van werksverpligtinge kon Shaah nog nie sedert hy gekwalifiseer het vir enige ander program inskryf nie, maar hy sê hy wil beslis verder studeer, veral in die veld waarin hy werk, naamlik bestuur, strategie en finansies.

 

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U