nuus

Uit die wegspringblokke

 

Die Taakspan vir die Hersiening van die Taalbeleid en -plan het sy opdrag in Oktober 2016 van die universiteitsbestuur en Senaat ontvang en dryf sedertdien die proses. ʼn Eerste konsep van die beleid is bespreek tydens ʼn buitengewone Senaatsvergadering in Junie 2017.

 

Konsultasie is sleutel tot hersiening van taalbeleid

Die vyfjaarlikse hersiening van die NWU se taalbeleid en -plan vind tans plaas en behels ʼn intensiewe konsultasieproses met verskeie strukture en belanghebbers.

Die hersiening van die taalbeleid en -plan is ook deel van die groter prentjie: alle beleide van die NWU word hersien ná die aanvaarding van ʼn nuwe strategie, struktuur en Statuut.

 

Verskeie belanghebbers is genooi of sál nog genooi word om terugvoer te gee en insette te lewer. Hulle sluit in die fakulteitsrade, die Konvokasie, die Senaat, akademici, ondersteuningsdienste, studenteverteenwoordigers en die Institusionele Forum.

 

Aangesien die Konvokasie al ons alumni verteenwoordig, is ʼn uitnodiging op 10 Maart na alle lede van die Konvokasie gestuur. ʼn Elektroniese taalopname word tans gedoen om personeel en studente se insette te kry. Die Senaat van die NWU, as die akademiese beheerliggaam, sal die geleentheid kry om insette te lewer met betrekking tot die beleid en -plan, voordat dit in Junie 2018 aan die NWU-Raad voorgelê word vir oorweging.

 

Funksioneel en buigsaam

 

Die huidige taalbeleid is ʼn funksioneel meertalige beleid, wat beteken dat dit buigsaam is en soos nodig aangepas kan word na gelang van omstandighede. ʼn Voorbeeld van hierdie buigsaamheid is die gebruik van parallelmediumklasse op ons Potchefstroom- en Vaaldriehoekkampus. Nóg ʼn voorbeeld is die praktyk van simultane tolking in klasse – van of na Setswana, Engels en Afrikaans.

 

“Wat wel seker is, is dat die NWU nie uiteindelik ʼn taalbeleid of -plan sal hê met eentalige taalvoorsiening nie, aangesien sowel die universiteit se Statuut as die nasionale taalbeleid vir hoër onderwys van die NWU vereis om meertaligheid te bevorder,” sê prof Dan Kgwadi, visekanselier.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U