PROFIele
INHOUD
Hier en daar 'n uitdaging
Gerlia sê elke nuwe rolprentstel het nuwe uitdagings. Sommige produksies verg ingewikkelder karakterontwikkeling as ander, afhangende van die storie.
“Soms verg die tipe grimering wat ons op ʼn filmstel moet doen baie tyd en navorsing. Dit kan wissel van koeëlwonde en blou oë tot bloed, sweet en trane. Maar dis baie opwindend om ʼn uitdagende voorkoms te skep.”
Sy sê die grimeerkunstenaars hou by die skedule wat vir die skiet van tonele vir ʼn spesifieke dag uitgewerk is.
“Die tipe karakter bepaal hoeveel tyd ek met ’n akteur spandeer om die voorkoms aan te wend. My assistent knap dan die grimering op die stel op en neem van elke karakter in elke toneel foto’s om seker te maak dat daar geen kontinuïteitsfoute is nie.
Dis byvoorbeeld wanneer die storiedag in ʼn winkel begin en wanneer die toneel waarin die persoon uitstap in die straat eers twee weke later geskiet word.”
Het jy al gewens jy kan saam met beroemde akteurs op ʼn rolprentstel werk? Wel, dis presies waarheen Potchefstroom-alumna Gerlia Muller se loopbaanpad haar gelei het.
Boonop is dit nie sommer enige hierjy tuisgemaakte filmkonkoksies nie. Nee, ons praat van talle van die beste Suid-Afrikaanse rolprente, asook internasionale rolprente soos Marvel se The Avengers: Age of Ultron, Resident Evil: The Final Chapter en Tremors.
Gerlia, wat in 2007 ʼn graad in kommunikasiekunde op die kampus in Potchefstroom verwerf het, sê dit het alles begin toe sy op ʼn dag ’n vriendin tydens ’n haarskou gehelp het. Toe sy sien hoe mense kreatief saamwerk om verskillende voorkomste te skep, was daar nie meer omdraaikans nie – die grimeergogga het behoorlik gebyt.
Nadat sy grimeerkuns by Face2Face in Centurion studeer het, het sy in 2010 reeds op haar eerste rolprentstel gewerk – vir die rolprent, PS Ek lief jou.
Produksies op haar kerfstok
Sedertdien het Gerlia al grimering vir sowat 20 rolprente gedoen, om nie eens te praat van die talle advertensies, kortfilms, tydskrif-voorblaaie, dokumentêre programme, TV-reekse en korporatiewe DVD’s nie. Gedurende haar agt jaar in die rolprentindustrie spog sy met 58 professionele produksies op haar kerfstok.
Van die bekende rolprente waarby sy die afgelope jare betrokke was, is Modder en Bloed/Blood and Glory, Pretville, Free State, Leading Lady en Die ballade van Robbie de Wee. TV-reekse sluit in Getroud met Rugby en 7de Laan.
Een van haar loopbaan-hoogtepunte was toe sy in 2014 vir Marvel op die stel van The Avengers: Age of Ultron, gewerk het.“Ek het vir 10 dae saam met die departement gewerk wat in beheer was van die waaghalse en die ‘ekstra’ spelers. Dit was wonderlik om deel te kon wees van ’n groot span uitsonderlik talentvolle mense van regoor die wêreld. Marvel is groot. BAIE groot.”
Haar droom vir die toekoms is dat sy haar eie besigheid kan hê, met haar eie produkte op die mark. Sy sê dit sal ook vir haar ’n “dream come true” wees om op die stel van die bekende produksies te werk soos Face Off en Blindspot, waar grimering ʼn sentrale rol speel.
En intussen gaan Gerlia voort om wondere met haar towerkwas te verrig en magiese oomblikke vir rolprentgangers te skep.
DIE NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
volgende artikel
vorige artikel
klank
video
meer inligting
klik
deel
Hier is Gerlia (regs) besig om aktrise Marijke van der Westhuizen te grimeer. Sy sê dis vir haar ʼn baie spesiale foto, omdat die ontwikkelaar van Kett Cosmetics, Sheila McKenna, haar vir ʼn produksie geborg het. “Sheila, ʼn grimeerkunstenaar wat in New York woon, is absoluut my gunsteling-rolmodel.”
Gemaklik agter die kameras
Die toneelwêreld was vir haar darem nie heeltemal onbekend nie – sy het as student reeds toneel gespeel en selfs ’n rol in die TV-reeks, Villa Rosa, vertolk. “Ek was van die begin af lief vir die filmindustrie, maar ek het gevoel voor die kamera gaan nie vir my werk nie.”
INHOUD
X
Voorblad
Alumna Thembinkosi Magagula het die tweede plek in Unisa se internasionale sangkompetisie verower en daarna ook drie pryse by die Voices of South Africa International Opera Singing Competition losgeslaan.