DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ARTIKEL

vorige ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

ProfiEL

Thabo het in 2010 ’n BCom-graad aan die NWU se Mahikengkampus voltooi. Hy werk tans by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as belanghebber- en interregeringsbestuurder verantwoordelik vir die Gauteng-streek.

 

“Ek bestuur belanghebberverhoudinge, skep en bestuur verhoudings met drie sfere van die regering, en vestig vennootskappe in die regering en die privaat sektor ter ondersteuning van die naskoolse onderwys- en opleidingsektor,” sê Thabo.

 

Ten spyte daarvan dat hy ’n baie besige werkslewe het, is hy steeds aktief in die gemeenskap. Hy het ’n lewendige belangstelling in jeugontwikkeling en bemagtigingsinisiatiewe vir jongmense, veral in Rustenburg, Bojanala en Khutsong in Merafong.

 

Hy is byvoorbeeld betrokke by die #MakeEducationFashionable-veldtog wat jongmense met aanlynaansoeke vir TVET-kolleges (tegniese en beroepsonderwys- en opleidingskolleges) en universiteite help, en ook ten opsigte van finansiële hulp van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS).

 

Jeugdige bydrae

 

Thabo se passie vir dienslewering het reeds by die Tswasongu Sekondêre Skool in Khutsong begin, waar hy op die verteenwoordigende leerderraad gedien het, en later ook in die leierskap van die Kongres van Suid-Afrikaanse Studente (COSAS).

 

By die NWU was Thabo die voorsitter van die Jong Kommunisteliga van Suid-Afrika (YCLSA) en die Suid-Afrikaanse Studentekongres (SASCO), en later die voorsitter van die Mahikengkampus se Verteenwoordigende Studenteraad (VSR).

 

Hy is in 2012 verkies om as die nasionale voorsitter van die Suid-Afrikaanse Unie vir Studente, ’n nasionale federasie van die VSR’e van universiteite, te dien. Hy is in 2015 as ondervoorsitter van SASCO verkies en het daarna tot in 2017 as voorsitter gedien.

 

Vryheid en verantwoordelikheid

 

Menseregte lê baie na aan Thabo se hart. Wanneer hy daaroor nadink, kom die woord “vryheid” in sy gedagtes op. “Dit gaan vir my oor die vryheid om te assosieer, te leer en te groei in ’n omgewing waar ’n mens toegelaat word om jou potensiaal maksimaal te ontwikkel.”

 

Die idee van verantwoordelikheid is vir hom net so belangrik. “Jy moet aanspreeklik wees vir jou eie optrede, uit jou tekortkominge leer en daaraan werk,” is sy boodskap aan jongmense.

 

Sy wens vir Suid-Afrika en sy mense is dat landsburgers hul mag moet terugneem by die politici. “Ons moet almal aktief as burgers begin optree. Ons behoort ons leiers aanspreeklik te hou en ons eie persoonlike en professionele ontwikkeling te bevorder.”

Thabo glo in onbaatsugtige diens aan die gemeenskap

Alumnus Thabo Moloja – studenteleier, gemeenskapswerker en aktivis – se passie vir gemeenskapsontwikkeling word weerspieël in sy geloof dat kollektiewe energie, opvoeding en vaardighede benut moet word om die lewens van jongmense te verbeter.

Thabo Moloja het ’n passie vir die ontwikkeling van jongmense.

 

Vere in Thabo se hoed

 

Thabo se werkservaring sluit onder meer in dat hy as belanghebberbestuurder verantwoordelik vir openbaresektor-entiteite by die nasionale Departement van Vervoer gewerk het.

 

Hy het ook drie jaar lank op die raad van HOVigs (nou Hoër Gesondheid) en ses jaar lank op die raad van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) gedien.

 

Sy passie vir en kennis van jeugkwessies het gelei tot sy aanstelling deur die voormalige president Jacob Zuma om van 2015 tot 2016 op die presidensiële jeugadviesraad (Presidential Youth Advisory Board) te dien, en hy het net ná die #FeesMustFall-beweging ’n bydrae tot die klasgeldekommissie gelewer.

 

 

“Associate yourself with greatness, to be the greatest.”

 

- Thabo Moloja

Thabo se droom vir jongmense is om te sien dat hulle almal bemagtig word om hul grootste potensiaal te kan bereik.

 

INHOUD

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U