DIE NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
volgende ARTIKEL
vorige ARTIKEL
KLANK
video
MEER INLIGTING
KLIK
DEEL
vorige
<
NUUs
Die NWU bied meer as 1 400 akademiese programme aan en ons sukseskoers vir kontakstudente was 85,75% in 2019. Vir meer inligting oor die NWU se prestasie, kyk na die video op die agterblad van hierdie uitgawe.
Vakke van gehalte beteken onderrig van gehalte
Ons uitstekende vakaanbiedings op die gebied van atmosferiese wetenskap, kliniese medisyne, opvoedkunde, gasvryheid- en toerismebestuur, en openbare gesondheid het die NWU se posisie op wêreldranglyste opgestoot. Dit is ook ’n groot prestasie vir die universiteit om eerste in die streek vir wiskunde gegradeer te word.
Volgens die bevindings van die Academic Ranking of World Universities (ARWU), wat aan die einde van Julie gepubliseer is, verskyn die NWU onder die top-universiteite in hierdie kundigheidsgebiede.
Die ARWU is ’n wêreldwye graderingstelsel wat meer as 1 800 instellings van 90 lande en streke evalueer. Dit is waarom ’n plasing onder die top-500 ’n noemenswaardige prestasie is, aangesien vakke teen die beste van die bestes gemeet word. Die resultate word jaarliks gepubliseer.
Die NWU is eerste op die rangordeleer vir wiskunde in die nasionale/streeksrangorde in Suid-Afrika. Die universiteit is in die kategorie vir die top-201 tot -300 van die ARWU 2020 se vakranglys.
Die NWU is ook die enigste Suid-Afrikaanse universiteit wat in die top-500 vir wiskunde verskyn.
Dit is ’n voortsetting van en indrukwekkende verbetering op die NWU se goeie prestasie in vorige jare in die ARWU-graderings vir hierdie vak. Die universiteit is in 2019 in die 301- tot 400-kategorie (eerste in Suid-Afrika) gegradeer, en in 2018 was ons in die 401- tot 500-kategorie (in die top-2 saam met die Beni-Suef Universiteit van Egipte as nommer 1).
Die NWU val onder die topuniversiteite in die kategorie 151 tot 200 op die gebied van atmosferiese wetenskappe, kliniese medisyne, openbare gesondheid en gasvryheid, en toerismebestuur. Ons was ook in die kategorie 301 tot 400 op die gebied van opvoedkunde.
Die NWU gaan steeds voort om hoër op in die ranglyste te beweeg nadat goeie grondslae in die vorige jare gelê is en goeie prestasies in 2018 en 2019 gevier is. Die universiteit het sedert die begin van 2020 baie goeie vertonings op gesiene agentskappe se ranglyste getoon.
Dit sluit in ranglyste deur die Academic Ranking of World Universities (ARWU) in Julie, en die Times Higher Education (THE) se ranglys vir universiteite in ontluikende ekonomieë in Februarie. Dit was ook die eerste keer dat die NWU op die THE Young University Rankings se ranglys verskyn wat in Junie aangekondig is.
’n Eersteklasinstelling met aanbiedings van gehalte
Die NWU se gehalte-aanbiedings het hulle in die topvyf onder plaaslike universiteite op die THE se ranglys van universiteite in ontluikende ekonomieë van Februarie geplaas.
Die NWU is algeheel in posisie 109 uit 533 universiteite uit 47 lande geplaas. Benewens die NWU is daar ook nege ander Suid-Afrikaanse universiteite op die ranglys.
Die ranglys neem die volgende in ag: onderrig (die leeromgewing); navorsing (volume, inkomste en reputasie); aanhalings (navorsingsinvloed); internasionale profiel (personeel, studente en navorsing); en bedryfsinkomste (kennisoordrag).
Hierdie plasing volg nadat die NWU ook in November 2019 op die THE se World University Rankings van plaaslike universiteite se top-5 en top-7 vir regstudies en besigheidsekonomie onderskeidelik geplaas is.
NWU onder die heel bestes
Die CWUR het die NWU in die top-4,7% van 20 000 universiteite wêreldwyd geplaas. Daarvolgens is die NWU onder die top-922 universiteite in 61 lande.
Die NWU is ook nasionaal in die top-7, en ons navorsingprestasie word op 877 gegradeer. Dit gee aan ons ’n oorkoepelende telling van 70,8 – ’n merkwaardige prestasie.
Die CWUR se ranglys is uniek in dié sin dat universiteite volgens hul akademiese prestasie ontleed en gegradeer word. Die organisasie plaas ewe veel klem op die leeromgewing as op navorsing.
Die CWUR publiseer jaarliks die grootste akademiese ranglyste van wêrelduniversiteite met die doel om opvoedkundige en navorsingsuitkomste te verbeter.
’n Deelnemer van gehalte in die arena vir jong universiteite
Die NWU is vroeër vanjaar onder die beste 101 tot 150 universiteite uit meer as 350 universiteite op die THE Young University Rankings se ranglys geplaas. Dit was die eerste keer dat die NWU op hierdie bepaalde ranglys, wat op universiteite van 50 jaar en jonger fokus, ingesluit is.
Die ranglys neem onderrig, navorsing, kennisoordrag, en die internasionale beskouing van universiteite in ag. Die gewigstoekennings word vanaf die THE se ander ranglyste herbereken om die profiel en missie van jong universiteite te weerspieël.
THE-graderings vir 2021
Die jongste gradering deur die THE is nog ’n veertjie in die hoed vir die NWU. Hierdie gradering plaas ons onder die top-6 universiteite in Suid-Afrika en tussen 501 en 600 uit meer as 1 500 universiteite uit 93 lande en streke wat vir die 2021-graderings geëvalueer is.
Net soos verlede jaar het ons ons topposisie op die gebied van aanhalings behaal – ons word op hierdie gebied onder die top-5 universiteite in Suid-Afrika gegradeer.
Die THE verduidelik dat die aanhalings aantoon hoeveel elke universiteit tot die totaal van menslike kennis bydra. Dit is daarom ’n aanduiding dat die waarde van die NWU se navorsing deur die wêreldwye vakkundige gemeenskap erken word.
Die NWU bewys voortdurend dat dit ’n akademiese instelling is waar uitnemendheid steeds triomfeer en gehalte van die hoogste standaard gevier word. Dit is duidelik uit die konstante goeie prestasie op ranglyste van verskillende internasionale graderingsagentskappe.
Prof Dan Kgwadi, visekanselier en hoof van die NWU.
Kom ons vier dit
Prof Dan Kgwadi, visekanselier en hoof van die NWU, beklemtoon dat hoewel ’n ranglys nie ’n doelwit is waarna die universiteit streef nie, die universiteit sy prestasie op die ranglyste vier.
“Dit dra by tot die NWU se droom om ’n internasionaal-erkende universiteit in Afrika en die wêreld te wees wat deur betrokke vakkundigheid, maatskaplike responsiwiteit en ’n sorgsaamheidsetiek onderskei word.
“Ons neem hierdie prestasie met ons saam op ons pad na voortgesette uitnemendheid in die hoëronderwyssektor.”
INHOUD