DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ARTIKEL

vorige ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Suid-Afrika is die tuiste van ’n magdom voëlspesies, wat strek van ons elegante nasionale voël, die bloukraanvoël, tot die bedreigde kransaasvoël met sy indrukwekkende vlerkspan, en die kleurryke gewone troupant.

 

Die groot verskeidenheid voëlspesies kom voor as gevolg van die uitgestrekte en wissende landskappe en biome wat regoor ons land aangetref word. Trouens, daar word beraam dat byna 850 verskillende voëlspesies hier gesien kan word, met so veel as 725 wat endemies is en amper 50 spesies wat net in Suid-Afrika aangetref word.

 

Dit sal nie baie verbeelding verg om uit hierdie natuurlike rykdom van ons voordeel te trek nie.

 

Dr Armand Viljoen van TREES sê daar is meer as genoeg geleenthede vir die insluiting van voëltoerisme (avi-toerisme) en agritoerisme (toerisme-aktiwiteit wat op plase gerig is). Onlangse navorsing wat onder boere gedoen is, het getoon dat voëlkyk as potensiële agritoerisme-aktiwiteit sterk oorweeg word as ’n manier om die ekonomiese aktiwiteit te diversifiseer en by toerisme te baat.

 

Voëlkykers maak hul beursies oop

 

Dit wil voorkom of voëlkykers bereid is om ’n redelike hoeveelheid tyd en geld aan hierdie tydverdryf te bestee, op toerusting sowel as bykomstighede soos verkykers, kameras en boeke, asook op reise en verblyf.

 

Volgens ’n studie wat die Departement van Handel en Nywerheid in 2010 oor die potensiële ekonomiese impak van avi-toerisme gedoen het, bestee voëlkykers gemiddeld jaarliks 38 dae aan voëlkykreise.

 

Die studie het bevind dat tot 66% voëlkykreise oornagreise insluit, en tot soveel as 60% vind buite die voëlkykers se tuisprovinsie plaas. Voëlkykers bestee jaarliks tussen R17 000 en R55 000 aan voëlkykaktiwiteite.

 

Doen jou huiswerk

 

Die navorsingsprojekte wat deur TREES gedoen word, het bevind dat avi-toerisme beslis potensiaal het, maar dit hang van verskeie eksterne faktore af, soos ligging, klimaat en die beskikbare voëlspesies op plase.

 

Indien skaars voëlspesies op ’n plaas aangetref word, het dit ’n natuurlike mededingingsvoorsprong, aangesien talle voëlkykers dit op hulle lewenslyste (kontrolelyste) van voëls afmerk.“Om die meeste voordeel uit avi-toerisme te trek, is dit noodsaaklik dat boere die tipe voëlkyker identifiseer wat hulle wil lok,” sê Armand. Dit sal die soort geriewe bepaal wat hulle sal moet ontwikkel, asook die gevolglike onkoste wat hulle moontlik kan hê.

 

Voëlkykers het verskillende reisgedrag en behoeftes, insluitend die vlak van gerief, met die tipes akkommodasie wat vereis word, wat van kampering met ablusiegeriewe tot selfsorgverblyf wissel. “Dit kos fyn beplanning, en dit is noodsaaklik om jou bemarking op die regte avi-toeris te rig.”

 

Nog ’n voordeel van voëlkyk is dat die voorkoms, die getal en verskeidenheid voëls ook ’n goeie aanduiding is van die algehele gesondheid van die omliggende ekostelsel – iets waarby elke boer kan baat.

NUUs

Voëltoerisme kan goeie neseier vir boere beteken

Voëlkyk kan ’n winsgewende bron van inkomste vir Suid-Afrika wees, mits die regte stappe gevolg word om hierdie welgestelde segment van die toerismemark te lok.

Dr Armand Viljoen glo dat daar groot geleenthede is vir die Suid-Afrikaanse toerismebedryf om by avi-toerisme te baat.

Ronel het in 2010 ’n meestersgraad in chemie verwerf en werk tans in die NWU se webkantoor by Korporatiewe Kommunikasie.

 

Hier onder is ’n paar van die pragtige foto's wat Ronel geneem het.

 

Voëlkyk: hoe om aan die gang te kom

 

Sedert die voëlkykgogga alumna Ronel Röscher in 2008 gebyt het, het sy al nie minder nie as 411 verskillende voëlspesies waargeneem en geïdentifiseer. Dit  beteken dat sy nou min of meer die helfte van die Suid-Afrikaanse voëlspesies gesien het.

 

Ronel verduidelik dat haar liefde vir voëlkyk begin het toe sy probeer het om die voëls te identifiseer op die foto’s wat sy met haar eerste besoek aan ’n wildtuin geneem het. Sedertdien het haar vakansiefoto’s al hoe meer voëls ingesluit.

 

Hier is haar wenke oor hoe om ’n suksesvolle voëlkyker te word:

 

  • Wanneer jy ’n kamera kies, koop een met die grootste optiese zoemvermoë, byvoorbeeld die Canon SX65 of die Nikon P900.
  • ’n Verkyker is nie nodig as jy ’n kamera met ’n goeie zoemfunksie het nie.
  • Jy moet ten minste een voëlboek hê – my gunsteling is Roberts en Sasol se voëlgidse.
  • Handige apps vir jou foon is Robert’s Bird Guide 2 (my gunsteling), Sasol eBirds Southern Africa of BirdPro.
  • Wanneer jy in die veld is, ry stadig en met oop vensters. Sodra jy enige voëlgeluide hoor, hou onmiddellik stil. As jy moet terugstoot, sal die voël waarskynlik nie meer daar wees nie.
  • Neem so gou as moontlik jou foto, of probeer om fyn waar te neem en so veel besonderhede as moontlik en te onthou. Kenmerke soos grootte, kleur, liggaamsvorm, en die vorm van die bek is alles baie belangrik om voëlspesies te identifiseer.

 

Ronel sê elke streek het sy eie unieke spesies. “Jy moet so veel as moontlik areas besoek om jou lys van geïdentifiseerde voëls uit te brei.”

 

’n Paar van die skaars voëlspesies op haar “lewenslys” (’n rekord wat gehou word van al die voëls wat deur ’n voëlkyker gesien en geïdentifiseer is) is die visuil, die breëbek en die bloukorhaan.

 

So sê die NWU se eenheid vir Toerismenavorsing in Ekonomiese Omgewings en die Samelewing (TREES).

INHOUD

NWU & U  |

NWU & U  |

 

INHOUD

NWU & U