DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ARTIKEL

vorige ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Geagte alumni

 

Pandemies het regdeur die eeue die gedrag van mense verander en dus ook die verloop van die geskiedenis. Die Covid-19-pandemie het ons ook gedwing om ons manier van lewe te verander: ons dra byvoorbeeld nou maskers, handhaaf ’n sosiale afstand en werk aanlyn.

 

En tog lyk dit of die stadige sluipmoordenaar, besoedeling, en sy agterbakse meeloper, plastiekbesoedeling, nie dieselfde gevoel van dringendheid by die mens ontlok nie.

 

Ongeag die bewyse dat hierdie bedreiging nie net die mens nie, maar alle lewe op Aarde bedreig, gaan ons voort om enkelgebruikplastiekitems, soos plastieksakke, strooitjies en voedselverpakking, te gebruik wat in ons riviere en oseane beland. Ons fabrieke en motors stel ook voortdurend gevaarlike gasse in ons atmosfeer vry.

 

Twee van die artikels in hierdie uitgawe fokus op besoedeling. In “Paddavrou wen ’n ‘Groen Oscar’” sê alumna dr Jeanne  Tarrant waterbesoedeling is een van die grootste bedreigings vir die wêreld se amfibieë. In “Die bewaring van ons oseane is Veronica se passie” lees ons dat plastiekbesoedeling ’n geweldige bedreiging is vir ons oseane en vir al die lewende wesens wat in hierdie uitgestrekte watermassas bestaan.

 

Ons moet die feite onder oë sien: ons planeet is terminaal siek en ons moet ons gedrag verander om te voorkom dat dit stadig maar seker doodgaan. Ons moet die Aarde begin genees.

 

Ons moet ter wille van ons kinders en hulle kinders hierdie omgewingspandemie konfronteer met dieselfde ywer wat ons tans in ons stryd teen Covid-19 toon.

 

 

Lekker lees,

 

Nelia en die

NWU & U-span

Gee aandag aan die besoedelingspandemie

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Belinda Bantham

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Tshepisho Sebeela (Mahikeng) tshepisho.sebeela@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

 

REDAKSIONEEL

INHOUD

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

Gee aandag aan die besoedelings-pandemie

NWU & U