DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ARTIKEL

vorige ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Ons vertrou dat julle die volgende stories interessant sal vind. (Klik op die opskrif van elke artikel om meer te lees.)

Eagi vertel wat gebeur

nUUs

Eagi, ons NWU-maskot, help julle om tred te hou met alles wat by die NWU gebeur. So, laat ons sonder meer na die nuuskamer toe gaan waar Eagi vir julle ’n oorsig sal gee.

 

Ons maskot, Eagi, verteenwoordig die handelsmerk-eienskappe van ʼn verenigde NWU.

 

 Die arend het in talle kulture ’n positiewe betekenis. Dit verteenwoordig positiewe eienskappe wat perfek by die NWU se strategie en doelwitte pas. Dit sluit in sukses, ambisie, dapperheid, uitbreiding, nuwe lewe, leierskap en vryheid.

 

 Eagi simboliseer ons toewyding om die lewe met kreatiwiteit aan te pak en bo die res uit te styg.

 

 Hy verteenwoordig ook ons strewe om geleenthede te vind om uit te blink en voortdurend te verbeter.

 


NWU-staatmaker prof Lynette Drevin praat oor die Experian-databreuk

“Almal moet versigtig wees wanneer hulle ongevraagde e-posse of telefoonoproepe ontvang. Moenie enige sensitiewe inligting verskaf nie en wees bedag op wat sogenaamde ‘sosiale ingenieurs’-aanvalle (social engineering) kan wees,” sê prof Lynette Drevin, medeprofessor en vakvoorsitter by die Skool vir Rekenaarwetenskap en Inligtingstelsels by die NWU.

 

“Mense wat sekere sagte vaardighede het en hulle as ’n persoon met gesag probeer voordoen om die individu wat gekontak word, te oorreed om persoonlike inligting bekend te maak, kan sosiale ingenieurs genoem word. Dit kan lei tot identiteitdiefstal, met jou persoonlike en sensitiewe inligting wat tot die aanvaller se voordeel gebruik kan word.”

 

Lynette spesialiseer in inligtingsekuriteitsbewustheid en in navorsing op die gebied van inligtingstelselfalings.

 


NWU spog met Mail & Guardian se mees uitstaande jong Suid-Afrikaners

’n Akademikus en ’n alumna van die NWU is op 11 September aangewys as twee van die 2020 Mail & Guardian se 200 Most Outstanding Young South Africans.

 

Hulle is senior dosent en navorser in fisiologie dr Lebo Gafane-Matemane, en adv Thabang Pooe, ʼn alumna. Lebo is aangewys as een van die wenners in die kategorie vir wetenskap en tegnologie, en Thabang in die kategorie vir justisie en regte.

 

INHOUD


Lee-Anne Diab span wetenskap in om atlete se herstel te bespoedig

NWU-alumna Lee-Anne Diab is die eerste vroulike sportwetenskaplike in rugby by die die Bloubulle-maatskappy en een van die eerste vroulike konsultante vir nasionale en internasionale sportkodes.

 

Sy is ook die hoof- uitvoerende beampte en sportwetenskaplike by die Fierce Pro Recovery Centre, wat die jongste wetenskaplike metodes gebruik vir die voorkoming van beserings om sodoende atlete se prestasie gedurende die seisoen en wanneer wedstryde gespeel word, te bevorder.

 


Suid-Afrikaanse ekonomie in die waaksaal: Hoe kom ons daar weg?

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het dringend resussitasie nodig. ’n Ontwikkelingsekonoom van die NWU sê die plaaslike en wêreldwye ekonomieë is nog nooit sedert die Tweede Wêreldoorlog op so ’n rampspoedige wyse geraak as nou met die impak van Covid-19 nie.

 

Volgens prof Danie Meyer, direkteur van die TRADE-navorsingsfokusarea, is al die vastelande en streke van die wêreld erg negatief geraak. Hy sê die pad na herstel gaan na verwagting lank wees.

 


Vier inheemse tale gedurende Erfenismaand

Terwyl Suid-Afrikaners Erfenismaand vier, wys dr Motheo Koitsiwe, akademikus en waarnemende direkteur van die Sentrum vir Inheemse Kennisstelsels, daarop dat daar ’n behoefte bestaan dat die land ook sy eie inheemse tale moet herdenk.

 

“Dit is belangrik om die inheemse Afrika-tale in ere te herstel, veral omdat taal so ’n belangrike rol speel om eenheid, sosiale saamhorigheid en Ubuntu te bevorder.”

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U