DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ARTIKEL

vorige ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

PROFIEL

Thulaganyo Gaoshubele, NWU-alumnus en president van die Suid-Afrikaanse Sokkerspelersunie (SAFPU), se doel is om die belange van professionele sokkerspelers in al hulle klubs te beskerm.

 

Thulaganyo, wat in Schweizer-Reneke – een van Noordwes se weggesteekte dorpies – gebore is, het in 1994 by die destydse Universiteit van Noordwes vir ’n BCom-graad ingeskryf.

 

Hy sê die universiteitservaring het hom as persoon heeltemal afgerond. “Ek het alles gedoen wat ’n student moontlik kan doen – van politiek tot skoonheidswedstryde. Die massavergaderings wat gewoonlik by die Great Hall plaasgevind het, was een van die hoogtepunte van my jare op universiteit.”

 

“My tyd by die universiteit is nie net ’n voetnoot in my lewe nie. As ek terugkyk op my studentelewe het ek geen twyfel dat dit een van die dinge is wat my gevorm het om die persoon te wees wat ek vandag is nie. Ek het meer bewus geraak van my regte en ek het die reg beter leer waardeer,” sê Thulaganyo.

 

’n Terugkeer na groener weivelde

 

Thulaganyo het in 1998 vir ’n kort tydperk van ses maande by die Black Management Forum (BMF) aangesluit. “Teen die einde van daardie jaar was dit genoeg, en ek het ’n meer vervullende en interessante reis met sokker aangepak.  Ek het vir spanne gespeel soos Silver Stars FC, Classics FC, Umthata BushBucks FC, Amazulu FC en Hellenic FC.”

 

Hy het op die ouderdom van 29 jaar sy sokkerstewels opgehang toe hy in 2004 as adjunk-sekretaris-generaal by SAFPU aangesluit het en deur die range gevorder het tot by sy huidige posisie as president.

 

Hou talle balle in die lug

 

Sy rol sluit in dat hy as hoofonderhandelaar vir die unie optree, strategiese leierskap verskaf, en aan die hoof staan van die unie se internasionale kantoor wat vir die organisering van verenigings in Suider-Afrikaanse lande verantwoordelik is.

 

Benewens hierdie take is hy ’n raadslid van die federasie van internasionale verenigings van professionele sokkerspelers in Afrika (Federation of International Associations Footballers Professionals (FIFPro) Africa).

 

Hoewel sy sokker deesdae nie op die veld gespeel word nie, is daar geen twyfel oor sy liefde vir en toewyding aan hierdie pragtige spel nie – ’n passie wat lank gelede in sy studentedae gekweek is.

Alumnus het sokker in sy are

“Daar is mense wat sê ek het my beste sokker gedurende my universiteitsjare gespeel , maar al wat ek weet, is dat my liefde vir die spel baie diep deur my are loop.”

Thulaganyo Gaoshubele, NWU-alumnus en president van die Suid-Afrikaanse Sokkerspelersunie, het verlief geraak op hierdie pragtige spel toe hy tussen 1994 en 1996 ’n BCom-student aan die voormalige Universiteit van Noordwes was.

Thulaganyo se toewyding aan sokker word net geëwenaar deur sy lojaliteit teenoor die spelers van hierdie pragtige spel.

 

’n Ondersteuner vir altyd

 

Sy eerste ervaring van varsity-sokker het kort ná sy aankoms by die Universiteit van Noordwes (tans die NWU) begin.

 

“Net ná die registrasie en nadat die stof van die eerstejaarsdans gaan lê het, was dit tyd om almal van ons te verwelkom wat veronderstel was om iets van sokker te weet,” onthou hy.

 

Hierdie bekendstelling het begin met ’n wedstryd tussen die eerstejaars en senior studente, en die spanne is Ma-Fresher en Ma-Stailer genoem.

 

“Ek het vir die universiteit gespeel toe die meeste van die spelers van die Bophuthatswana Sokkerliga gekom het, insluitend Star Ntuli, Gideon Noge, Webster Diwepi, Tshepo Boikanyo, Levy Rantsho, Master Gill, Ishmael Carter Masumpa … en so gaan die lys voort.

 

“Wel, ek moet sê, ek het my kant tussen hulle gebring.”

 

Thulaganyo en Gideon Noge was in 1995 deel van die SASSU-span wat Suid-Afrika by die studentespele in Japan verteenwoordig het.

 

INHOUD

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U