DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ARTIKEL

vorige ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Hierdie openbaring het ses jaar gelede plaasgevind. Veronica, wat nou 27 jaar oud is en in Pongola grootgeword het, is in die laaste pylvak van haar doktorsgraad in omgewingwetenskappe aan die NWU, waar sy ’n goeie indruk maak.

 

As assistent vir prof Henk Bouwman was sy deel van ’n span van ses navorsers wat die Rodrigues-eiland, die Saint Brandon-ringeilande en die Agalega-eiland langs die kus van Mauritius besoek het om die effek van langdurige plastiekbesoedeling op hierdie afgeleë bestemmings te bestudeer.

 

Sy het in 2017 ook gehelp om die koraalrifekologie-module vir honneursstudente in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe te skep.

 

Seesout in haar are

 

Veronica se ma is ’n bekende regsprofessor aan die NWU, Elmarie van der Schyff, maar dit was Pa Fanie – ’n ywerige skubaduiker– wat ’n liefde vir die see in haar gevestig het. “Hy het my altyd trakteer op stories van sy skubaduikekspedisies,” onthou sy.

 

Haar eie reise om die wêreld het haar baie meer gewys as waarvan sy ooit kon droom, maar dit het haar ook laat besef in watter gevaar ons oseane en koraalriwwe verkeer.

 

Waarom ons koraalriwwe uitsterf

 

“Die grootste bekommernis is aardverwarming. Ons koraalriwwe sterf uit. Hulle is onder soveel stres omdat die watertemperatuur styg. Ek dink nie ons het al die punt bereik waar daar geen omdraaikans is nie, maar ons is baie naby daaraan. Iets moet gedoen word, en vinnig ook.

 

“Ons tweede probleem is plastiek. Baie navorsing is al gedoen oor die uitwerking van plastiek en die lang afstande wat dit kan beweeg. Dit grootste probleem van plastiek is enkelgebruikprodukte, maar met die Covid-19-epidemie het ons geen ander keuse nie. Dit is werklik ’n verskriklike situasie.”

 

“Ons moet mense bewus maak van die skade wat ons aan ons natuurlike hulpbronne doen en ons moet hulle inlig oor wat hulle aan ons oseane en aan ons koraalriwwe doen. Kyk maar na die riwwe by Sodwana. Hulle is van die gesondstes ter wêreld, maar ons besoedeling vanaf die binneland is besig om hulle dood te maak,” sê Veronica.

 

Ons moet almal ons deel doen

 

“Dit is hartseer. Mense in stede is nie bewus van wat gebeur nie. Net omdat ons nie in die Noordpool of in die trope is nie, beteken nie dat ons kuslyn nie geaffekteer word nie. Ons gaan een of ander tyd begin om die gevolge te ervaar en dit gaan nie verander as ons nie self iets daaraan doen nie.”

 

Haar passie is marine-ekotoksikologie, maar daar is veel meer aan hierdie energieke jong vrou. “Ek is obsessief oor enigiets in die natuur. Ek hou ook baie daarvan om in grotte rond te klouter en ek het ’n hopelose ooraktiewe verbeelding. O, en ek het tydens die inperking leer naaldwerk doen,” lag sy.

 

Dit is hierdie soort onblusbare energie wat nodig is om die gety om te keer en die eertydse, plastiekvrye skoonheid van ons oseane te herstel.

NUUs

Die bewaring van ons oseane is Veronica se passie

Terwyl sy die getye van die Indiese Oseaan sien inkom en uitgaan, kan Veronica van der Schyff nie anders as om hartseer te voel nie – om die waarheid te sê, sy is diep bekommerd. Sy weet die skoonheid rondom haar is besig om vinniger as ooit tevore agteruit te gaan.

 

Sy weet dat haar spesie daarvoor verantwoordelik is. Sy besef sy kan nooit weer bloot toekyk en toelaat dat ons natuurwonders hul towerkrag verloor nie.

Hierdie foto van die navorsingspan is in 2014 geneem. Hulle is van links prof Henrik Kylin van Swede, Veronica, Jovani Raffin van Rodrigues, prof Henk Bouwman van die NWU (en leier van die ekspedisie), en Karin Blom en Marinus du Preez, wat op daardie stadium NWU-studente was.

 

Hoe plastiek ons oseane vernietig

 

Plastiekbesoedeling kan nou op elke strand ter wêreld gesien word. Van besige toeristestrande tot onbewoonde tropiese eilande – dit is nêrens ongeskonde nie.

 

Trouens, wetenskaplikes het onlangs mikroplastiek diep in die ys van die Noordpool gevind.

 

Hier is nog ’n paar ontstellende feite:

 

  • In 1950 het die wêreld se bevolking van 2,5 biljoen mense 1,5 miljoen ton plastiek geproduseer; in 2016 het ’n wêreldbevolking van meer as 7 biljoen mense meer as 320 miljoen ton plastiek geproduseer. Daar word beraam dat dit teen 2034 gaan verdubbel.
  • Ongeveer 8 miljoen stukke plastiekbesoedeling vind elke dag hul pad na ons oseane.
  • Daar kan nou sowat 5,25 triljoen makro- en mikroplastiekstukkies in die oop oseaan ronddryf, en dit kan tot 269 000 ton weeg.
  • Al die marinevullis wat bestudeer word, bestaan deurgaans uit 60% tot 90% plastiek.
  • Ongeveer 5 000 items van marineplastiekbesoedeling per myl strand is in die VK gevind.
  • Onlangse studies het getoon dat daar mariene plastiekbesoedeling is in 100% van die seeskilpaaie, 59% walvisse, 36% robbe en 40% seevoëlspesies wat ondersoek is.
  • Daar word elke jaar 100 000 seesoogdiere en seeskilpaaie en 1 miljoen seevoëls deur mariene plastiekbesoedeling doodgemaak.

Bron: www.sas.org.uk

 

Veronica van der Schyff het ’n kursus in oseanografie gedoen aan boord van ’n Duitse navorsingskip, die RV Meteor, wat van Kaapstad na Rio de Janeiro geseil het. Die foto is geneem toe hulle die hawe van hierdie Brasiliaanse stad binnegevaar het.

Pa Fanie se passie vir skubaduik het ’n integrale deel van Veronica se kundigheidsgebied geword.

 

Veronica deel haar kennis op die Agalega-eiland. Dis duidelik dat sy net so tuis in die klaskamer is as wanneer sy navorsing buite in die veld doen.

 

Kyk na die toekoms

 

Veronica het onlangs haar PhD-tesis oor besoedeling in marinebiota (die diere- en plantlewe van ’n bepaalde streek) op drie Maskarene-eilande ingehandig.

 

Terwyl sy op haar uitslae wag, is Veronica, wat in Pretoria woon, besig om vir werksgeleenthede uit te kyk, verkieslik aan die kus.

 

Intussen is sy ’n assistent vir prof Henk Bouwman vir die akademiese module Koraalrifekologie aan die NWU.

 

INHOUD

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U