NUUs

Vaardighede in vervoerekonomie en logistieke bestuur is noodsaaklik vir die ekonomie, hetsy vir vervoerinvoere en -uitvoere na en van die land, die vervoer van vrag binne die land, die inbring van toeriste, of om bloot mense na en van hul werkplekke te vervoer.

Vennootskappe olie wiele vir vervoersektorbeurse

Die wiele is aan die draai vir verdere ondersteuning uit die vervoerbedryf vir studente by die NWU se vakgroep Vervoerekonomie en Logistieke Bestuur in Mahikeng.

Dit was duidelik tydens die jaarlikse gala-aand van die vakgroep, wat gehou is om aan gegradueerdes, hulle families, NWU-personeel en borge erkenning vir hul voortgesette ondersteuning te gee.

Hierdie jaar se galadinee het saamgeval met die vakgroep se gradeplegtigheid, waar 11 studente vereer is omdat hulle hul kwalifikasies cum laude verwerf het.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Karen Visser, die programkoördineerder van die geleentheid, het gesê rolspelers soos die Onderwys- en Opleidingsowerheid vir Vervoer (Transport Education and Training Authority, TETA) is groot ondersteuners van die vakgroep en sy studente.

 

“Hulle het ’n fundamentele deel geword van ons indiensnemingstrategie, wat daarna streef om ná die eerste graad ’n 0%-werkloosheidsyfer te hê.”Bykomend tot die ongeveer 130 omvattende beurse wat die TETA vir 2018 en daarna borg (mits die studente hul akademiese prestasiestandaarde volhou), borg hulle ook die plasing van 40 interns in die bedryf vir ’n tydperk van ’n jaar.

 

Hou die wiele aan die rol

 

Gegradueerdes kan ’n wye verskeidenheid loopbane in die privaat en openbare sektore volg, van logistieke bestuur en openbarevervoerbeplanning tot verkeer- en reisimpakevaluering, lughawe- en lugdiensbestuur, en talle meer.

 

Die vakgroep Vervoerekonomie en Logistieke Bestuur op die kampus in Mahikeng is in 2003 gestig met finansiële en ander ondersteuning van die nasionale Departement van Vervoer.

NWU & U  |

NWU & U  |

 

INHOUD

NWU & U