redaksioneel

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Hanlie Smuts

Annette Willemse

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Tshepisho Sebeela (Mahikeng)

tshepisho.sebeela@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

Stap in iemand anders se skoene

Geagte alumni

 

Raak jy tranerig wanneer jy iemand anders sien huil, self as daardie iemand ’n fiktiewe karakter op ’n TV-skerm is?

 

As jou antwoord ja is, het jy waarskynlik ’n hoë vlak van empatie. Maar wat presies is empatie? Die WAT sê dit is die “geestestoestand waarin ’n mens hom een voel met, of voel dat hy in dieselfde toestand van gees verkeer as, 'n ander persoon of groep”, met ander woorde om jouself in te dink hoe iemand anders dink of voel.

 

Wanneer jy die artikel oor Leoni van der Vaart se PhD-studies lees, is dit nie moeilik om jou in die situasie van ’n werklose persoon in te dink nie. Hoe lank sal jy hoopvol bly ná ’n dag waarin jy tevergeefs werk gesoek het voordat jy begin om desperaat en uiteindelik ontmoedig te voel?

Een van die talle redes vir werkloosheid kan ’n gebrek aan onderwys of opleiding wees. Dit is waar ’n instelling soos ’n universiteit ’n verantwoordelikheid het om hoër onderwys so toeganklik as moontlik te maak.

 

Dit is egter nie net die verantwoordelikheid van instellings om kennis en vaardighede oor te dra nie, dis ons almal se plig. Alumnus Jabu Sithole stel ’n uitstekende voorbeeld. As skoolleerder was hy deel van die NWU se vlagskip- aanvullende onderrigprogram, Ikateleng. Vandag, as studentewerwer op die kampus in Vanderbijlpark, is hy verantwoordelik vir die koördinering van hierdie projek in die Vaaldriehoekstreek.

 

Jabu hoef homself nie eers in die skoene van jong leerders in te dink nie – hy het letterlik ’n paar jaar gelde in daardie skoene gestap. Dit is waarskynlik vir hom maklik om met die huidige Ikateleng-leerders te empatiseer, aangesien hy verstaan watter uitdagings en opvoedkundige behoeftes hulle het.

 

Ons word skynbaar met die kapasiteit vir empatie gebore, maar van dan af is dit aangeleerde gedrag. Met ander woorde, dit is iets wat ons kan ontwikkel of in onsself en in ander kan versterk. Kom ons gebruik ons vaardighede in empatie om die lewe vir mense in nood makliker te maak – laat ons ’n voorbeeld stel sodat ander dit ook kan doen.

 

 

Lekker lees!

 

Nelia en die

NWU & U-span

 

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Stap in iemand anders se skoene

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U