PROFIele

Jabu Sithole sê wanneer ’n mens deel is van iets soos ’n universiteit wat wyd gerespekteer word en steeds groei, voel jy bevoorreg en kan jy nie anders kan as om die saak vir hoër onderwys te bepleit nie.

 

Jaag sy drome na

 

Jabu, wat in ’n enkelouerhuis grootgeword het, het gou geleer dat hy sy uiterste bes op skool moet doen om sy ma, ’n huishulp, te help.

 

Hy het die Samuel Sebego Paki Sekondêre Skool in Vredefort in die Vrystaat bygewoon en onthou die moeilike omstandighede wat hy en sy klasmaats moes oorkom.

 

Hulle het in matriek baie min handboeke gehad en geen toegang tot vorige eksamenvraestelle om hulle met hulle hersiening te help nie. Leerders moes ook beurte maak om die skool se beperkte getal klaskamers te gebruik.

 

Die NWU se Ikateleng-projek was Jabu se reddingsboei toe hy in 2004 in sy matriekjaar by die projek aangesluit het.

 

Nadat Jabu begin het om die projek se Saterdagklasse by te woon, het sy prestasie in rekeningkunde en wiskunde geweldig verbeter en het hy daarvan begin droom om ’n rekenmeester te word.  Hy het die Nasionale Senior Sertifikaateksamen met volle matriekvrystelling en ’n onderskeiding in wiskunde geslaag.

 

“As ek nou terugkyk, is ek bly ek het deurgedruk en die geleentheid gebruik wat die Ikateleng-projek my gebied het. Die speelveld was nou gelyk en ek was gereed om myself te laat geld.”

 

Jabu Sithole – ’n alumnus tot die derde mag

Jabu Sithole het nie net gesien watter kragtige impak onderwys op jongmense het nie, hy het dit drie keer self ervaar.

Hy is ’n alumnus van die NWU se vlagskip- aanvullende onderrigprogram, Ikateleng, ’n BCom Rekeningkunde-gegradueerde, en die houer van ’n nagraadse onderwyssertifikaat (NGOS).

 

Jabu, wat ’n studentewerwer by die kampus in Vanderbijlpark is en verantwoordelik is vir die koördinering van die Ikateleng-projek in die Vaaldriehoek-streek, is passievol daaroor om voornemende studente deur die deel van inligting en loopbaanvoorligting te bemagtig.

 

Met dié dat hy self ’n Ikateleng-leerder was, vind hy maklik by jong leerders aanklank, aangesien hy die uitdagings verstaan wat hulle ervaar, en hy vir hulle opvoedkundige behoeftes sensitief is.  Kortom: hy het dieselfde paadjie geloop en weet wat hulle nodig het.

 

“Ek is trots daarop om te sê dat ek by die stelsel gebaat het en nou in die posisie is om dit vir ander moontlik te maak. As ek eerlik moet wees, het die Noordwes-Universiteit my lewe ten goede verander, en ek sal vir ewig dankbaar wees vir die manier waarop ek as individu gevorm kon word,” sê Jabu.

 

Van vrywilliger-onderwyser tot streekskampioen

 

Jabu dink met vreugde terug aan sy lewe as student op die kampus in Vanderbijlpark. Hy was die ondervoorsitter van die studenteliggaam Ch@s - Connecting helpers and students – en hy het dit die georganiseerde studentelewe geniet.   Nadat hy in 2009 sy BCom Rekeningkunde-graad voltooi het, het hy in 2010 vir sy NGOS ingeskryf.

 

Nadat hy daardie kwalifikasie voltooi het, het hy twee van sy grootste passies, rekeningkunde en diensleierskap, gekombineer.Hy het as vrywilliger-onderwyser by die Tsolo Sekondêre Skool begin, en die woord oor sy buitengewone onderrigmetodes en sukses met rekeningkundige wetenskappe het gou versprei.

 

Dit was nie lank voordat hy met sy eerste voltydse onderwyspos by die Beverly Hills Hoërskool in Evaton, Gauteng kon begin nie.

 

Bykomend tot die onderrig van rekeningkunde, wat as ’n probleemvak beskou word, was Jabu op die koördineringspan en ’n tutor vir die NWU Vaal se Ikateleng–projek – dieselfde projek wat hom in sy laaste skooljaar gehelp het.

 

Een van die loopbaantoekennings waarop hy die trotsste is, is toe hy in 2015 as Beste Onderwyser in Rekeningkunde in die Evaton Wes-area aangewys is. By Beverly Hills Hoërskool het sy leerders sedert 2010 ’n 100%-slaagsyfer in rekeningkunde behaal.

 

Stap die tweede myl

 

Jabu se impak is nie tot die klaskamer beperk nie. Hy tree dikwels as tutor in rekeningkunde vir leerders en selfs vir universiteitstudente op en bied finansiële werkswinkels in die gemeenskap aan.

 

“Dit kom alles daarop neer dat ek ’n agent vir verandering wil wees, en as ek ’n impak kan maak - hetsy dit deur onderrig, mentorskap, gemeenskapsbetrokkenheid en nou as studentewerwer – glo ek dat ek my Godgegewe doel bereik,” verduidelik Jabu, wat in 2016 by die NWU se Bemarking en Studentewerwing-span aangesluit het.

 

Sy slagspreuk is om te doen wat hy geniet en om in die proses vir sy eie en ander se bevordering te werk. Sy se grootste trots is wanneer hy sien dat sy voormalige studente uitblink. “Watter beter nalatenskap is daar as om jongmense te help om hulle drome ’n werklikheid te maak en dan te sien dat hulle aan die volgende geslag dromers sê, ‘nou is dit julle beurt’?”

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Hier is Jabu saam met Palesa en hul seuntjie, Siphoesihle. “Ek wil vir my seun, Siphoesihle, leer: doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen. Stap die ekstra myl. Plant ’n saadjie van hoop. Wees vrygewig. Bring ’n bietjie vreugde wanneer jy ook al kan.”

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U