REDAKSIONEEL
INHOUD
Skryf gerus en vertel ons waar in die wêreld julle jul bevind en hoe dit met jul loopbane gaan, of skryf sommer oor ditjies en datjies wat julle na aan die hart lê.
Stuur julle briewe na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za, faks dit na 086 614 3222 of pos dit aan Nelia Engelbrecht, Korporatiewe Kommunikasie, Noordwes-Universiteit, Privaat Sak X1290, Potchefstroom, 2520.
ONS HOOR GRAAG VAN JULLE!
Wanneer die lewe jou geleenthede bied, moet jy hulle met albei hande aangryp. Moet nooit ʼn geleentheid laat verbygaan om op ʼn reis te gaan wat jou hardop sal laat roep: Whoo-hoo nie.
Ek het ʼn wonderlike geleentheid gekry om in 2017 aan die NWU Besigheidskool te studeer. Ek het ewe rustig vir die nagraadse diplomakursus ingeskryf in die hoop om bietjie meer te leer… Vandag erken ek my fout.
ʼn Ongelooflike reis
Ja, ek het baie geleer. Maar die reis was ongelooflik. Slegs een van die vele hoogtepunte was om skouer te skuur met gesoute ekonomiese spesialiste, politieke analiste, en topkundiges in die regs-, bestuurs,- bemarkings- en navorsingsvelde.
Ek was bevoorreg dat die beste van die beste my kon leer oor ʼn wêreld wat soveel groter is as wat ek ooit kon raai. Ek het as persoon gegroei – nie net in kennis nie, maak ook in selfvertroue en vaardighede, en ek voel meer bemagtig as ooit.
Nie maanskyn en rose nie
Dit was beslis nie net maanskyn en rose nie… Dit het harde werk, uithouvermoë en toewyding behels. Ek dink my grooste ontnugtering was – ná ek reeds ingeskryf het – om te besef dat hierdie ʼn volle honneursvlakkursus is.
Ek het as deeltydse student ingeskryf en op Saterdae klas bygewoon – ongeag reën of sonskyn. Dus het ek geweet – as ek ʼn naweek moet opoffer, kan ek dit ten minste my beste gee!
My sukses is hoofsaaklik te danke aan die uitstekende groep waarvan ek ʼn lid was.My medestudente was almal kundiges op hul gebiede van wie ek my energie kon put en leer.
Ons het saam swaargekry, baie gelag en soms gevoel of ons wil opgee – maar ons het mekaar staande gehou. Maar belangrikste van alles, ons het ons kundigheid, ons kennis en passies saamgegooi en die resultaat was verbysterend.
Ons het dit gemaak!
Bykans ons hele groep het met onderskeiding geslaag – ʼn seën en ʼn groot eer. Met die genade van Bo, uitstekende dosente, uitsonderlike medestudente en families wie ons vlerke gegee het om mee te sweef, het ons dit gemaak.
Die koffie en muffins tydens die Saterdagklasse het ook ʼn groot rol gespeel daarin om ons wakker te hou – veral wanneer ons in die klas sit en daar ʼn groot rugbywedstryd op die televisie was!
Vriendelike groete,
Nicolize van der Walt
DIE NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
video
MEER INLIGTING
KLIK
DEEL
Daar is altyd ruimte vir groei
“My raad aan enigiemand – ongeag jou ouderdom, jou loopbaan of vlak binne die organisasie – is dat daar altyd ruimte is om te groei. Verbreed jou horisonne, wees ontvanklik, vul jou kop met kennis en bemagtig jouself.
“Maak die NWU-Besigheidskool jou vennoot sodat jy die beroepsleer in jou organisasie kan bestyg en groei tot die beste weergawe van jouself. Skuif die grense en laat jou gemaksone agter.”
X
Voorblad
Kernkrag-veiligheidskenner en NWU-Raadsvoorsitter, dr Bismark Tyobeka, het ons trots gemaak toe hy as voorsitter van die oorsigvergadering van die sesde gesamentlike konvensie van die Internasionale Atoomenergieagentskap opgetree het.
NWU & U