NUUs

Naas streeksbyeenkomste, kan alumni ook uitsien na geleenthede vir spesifieke kampusgroepe soos belangegroepe en fakulteits- of koshuisgroepe.

 

“Die aanbied van gekombineerde geleenthede stem ooreen met die universiteit se nuwe strategie om die NWU as unitêre instelling te posisioneer,” sê Warren Makgowe, direkteur vir belanghebberverhou-

dinge.

 

Nuwe disse pryk op die alumni-spyskaart

Die NWU se Belanghebberverhoudinge-departement brei sy bestaande spyskaart van alumni-aktiwiteite uit.

Aan die een kant is daar ’n nuwe fokus op streeksbyeenkomste wat al die alumni bywoon, ongeag op watter kampus hulle oorspronklik studeer het. Aan die ander kant is daar geleenthede wat spesifiek op ons afstandsleerstudente gemik is en wat by ons spyskaart van aktiwiteite gevoeg is.

Hierdie afstandsleer-alumni het in George bymekaargekom. Agter van links is Kelly-Ann Hector, Ryan Petterson, Leanne Kruger, Hennie Kruger, prof Joh van Tonder, Loekie van Tonder, prof Fika Janse van Rensburg (adjunkhoof en adjunk-visekanselier vir indiensnemingsgelykheid en kampusbedrywighede in Potchefstroom) en prof Willie van der Westhuizen. Voor is Amina Nordien, Bronnlyn Jumat, Annabelle Faulman en Faldela Dollie.

Tot dusver hierdie jaar het Belanghebberverhoudinge twee streeksbyeenkomste gereël. Die eerste een het op 19 April plaasgevind vir alumni wat in die Kaapstad-gebied woon, en die tweede een op 23 Mei vir alumni in die omgewing van Johannesburg.

 

Tot nou toe is drie byeenkomste vir afstandsleer-alumni georganiseer: op 22 Maart in Upington, op 5 April in Potchefstroom en op 26 April in George. Gelyklopend met hierdie nuwe ontwikkelinge sal die bestaande geleenthede vir spesifieke kampusgroepe – soos belangegroepe en fakulteits- of koshuisgroepe – steeds voortgaan.

 

Nog ’n verandering wat beplan word, het met fakulteitsgeleenthede te doen. In ooreenstemming met die nuwe unitêre fakulteitsmodel van agt fakulteite dwarsoor die universiteit sal toekomstige fakulteitsgeleenthede alle studente van ’n bepaalde fakulteit insluit, ongeag van die kampus waar die studente studeer het.

 

“Die NWU se unitêre fakulteitsbenadering is nog nuut en ons gaan voort om ons alumni-aktiwiteite aan te pas namate studente van hierdie nuwe fakulteitsmodel gradueer,” sê Warren.

 

Met hierdie spyskaart van aktiwiteite wat die hele tyd uitbrei, lyk dit of ons alumni baie het om na uit te sien.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Wat betref NWU-alumni wat deur middel van die afstandslewerings-

modus studeer het, beklemtoon Warren dat die universiteit nog altyd al sy alumni belangrik ag, hetsy hulle kontak- of afstandsleer-

studente was.

 

“Die nuwe ontwikkeling in hierdie verband is dat ons nou in die besonder geleenthede vir ons afstandsleer-alumni organiseer.”

 

previous

<

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U