nUUs

Prof Robert Balfour is die adjunk-visekanselier vir onderrig en leer en voorsitter van die taakspan verantwoordelik vir die taalbeleid en -plan.

 

“Wanneer 'n mens na die eerste stelling in die konsepbeleid kyk, is dit duidelik dat die NWU tot meertaligheid verbind is, met die ontwikkeling van Afrika-tale as een van sy kenmerke en die gebruik van Engels en Afrikaans as nog ’n kenmerk.

 

“Ons het nooit gesê ons wil van Afrikaans of Afrika-tale ontslae raak nie. Dit sal teen ons eie Statuut indruis, en trouens teen die Grondwet self.

 

“Afrikaans het ’n plek by die NWU en Afrika-tale moet ’n groter plek as tans hê.” – Prof Robert Balfour.

 

 

Die woorde wat ons klaskamers vul

Wees verseker dat die hersiening van die NWU se taalbeleid nog steeds een van ons grootste prioriteite is en dat die proses goed vorder.

Voordat ons vir julle meer oor die jongste verwikkelinge vertel, moet julle verstaan dat ons van twee dokumente praat: die beleid (wat die beplanningsbeginsels insluit), en die plan (wat uit die agt fakulteite se unitêre taalplanne sal bestaan).

 

Die jongste verwikkeling ten opsigte van die NWU se taalbeleid is dat die Senaat ses beplanningsbeginsels goedgekeur het om as riglyn vir die toepassing van die universiteit se taalbeleid in onderrig en leer, asook in ander aspekte van die universiteit se kommunikasie en aktiwiteite te dien. Die Senaat het hierdie beginsels tydens hul vergadering van 31 Mei 2018 vir aanbeveling by die Raad goedgekeur.

 

Die NWU-Raad het toe op 21 Junie die taalbeplanningsbeginsels goedgekeur wat by die beleid ingesluit sal word. (Sien die tekskassie vir meer inligting oor hierdie beginsels.)

 

Indien die Raad die beleid goedkeur, sal die volgende stap wees dat die agt fakulteite die goedgekeurde beplanningsbeginsels sal gebruik om hul eie planne te ontwikkel vir die implementering en vergestalting van die taalbeleid.

 

Die fakulteite se implementeringsplanne sal daarna voorgelê word aan die Senaat se Taalbeplanningsadvieskomitee, wat dit sal bestudeer voordat dit vir goedkeuring aan die Senaat voorgelê word.

 

Om die volledige artikel te lees, klik op die pers blokkie hieronder.In hierdie omvattende artikel bespreek twee belangrike sake.

 

Die eerste een is die redenasie agter die beplanningsbeginsels, en die tweede is waarom en hoe die fakulteite hierdie beplanningsbeginsels sal gebruik om hulle eie planne op te stel om die taalbeleid te implementeer.

 

In hierdie volledige artikel fokus ons op die taal wat vir onderrig-leer gebruik word (wat die taal van onderrig insluit, asook tale wat waarde tot die kurrikulum toevoeg).

Moet dit nie misloop nie: lees die volle verhaal oor die taalbeleid hier.

 

Pak die laaste pylvak aan

 

Dit is die pad wat die taalbeleid oor die volgende paar maande sal loop:

 

  • Daar sal gedurende die eerste maand van die tweede semester verdere konsultasie wees wat studentekampusrade, die Verteenwoordigende Studenteraad en die NWU se Institusionele Forum sal betrek.

 

  • Tussen 6 en 14 Augustus sal die finale insette van hierdie konsultasie geïnkorporeer word by die hersiene taalbeleid, wat dan op 22 Augustus aan die universiteitsbestuurskomitee voorgelê sal word.

 

  • Die laaste twee stappe sal die voorlegging van die beleid vir goedkeuring aan die Senaat (op 29 Augustus) en die Raad (op 27 September) wees. (Onthou, dit is slegs die beleid wat dan voorgelê gaan word – die Senaat sal die implementeringsplanne finaliseer sodra die Raad die beleid goedgekeur het.)

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Beginsels om ons woorde in dade om te skakel

 

Die beplanningsbeginsels maak voorsiening vir die taal van onderrig, tolking- en vertalingsdienste en ’n parallelle onderrigmedium.

 

Dit maak ook voorsiening vir transtaling in onderrig-leeromgewings (om te wissel tussen die verskillende tale wat die studente klas toe bring met die oog op die bevordering van die studente se begrip van sleutelbegrippe en idees binne ’n vakgebied).

 

Daarby maak die beginsels voorsiening vir vlagskipprogramme vir Afrika-taalprogramontwikkeling en vir meertaligheid in formele kommunikasie, vergaderings en geleenthede.

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U