Nuus

Klik op die beeld hierbo en geniet die uitvoerings van sommige van ons kategoriewenners.

’n Taal genaamd kuns

Jaco van der Walt, bestuurder van NWU Kunste – Potchefstroomkampus, sê kuns is ’n universele taal en dit is belangrik is om daarin te belê omdat dit brûe tussen mense en kulture bou.

“Die fees duur ’n week lank en begin onder andere met Pukki Visueel en Pukki Klassiek, en eindig met die galageleenthede.

“Benewens die studente en personeel wat optree, word die feesgangers wat kaartjies koop ook blootgestel aan verskillende genres van kuns, wat teater, dans, klassieke musiek en die beeldende kunste insluit – vermaak en kuns wat hulle dalk nie gewoonlik die geleentheid kry om te ervaar nie.

“Tydens die uitvoerings kan hulle byvoorbeeld enigiets van Verdi en Mozart tot balletitems teenkom, en rock- en poporkeste geniet.”

 

Personeel en studente skitter by talentfees

Talent in oorvloed – die 35ste Pukki Talentfees vir personeel en studente was ’n ontploffing van kragtige optredes, genotvolle klassieke ervarings en buitengewone talent.

(Alle foto’s deur Annemarie Wichmann, behalwe waar anders vermeld.)

Die galagebeurtenisse van die jaarlikse fees, wat deur NWU Kunste – Potchefstroomkampus en die Studenteraad se Kunsteraad op die kampus in Potchefstroom aangebied word, het op 10 en 11 Mei plaasgevind.

 

Hierdie jaar se wenner in die personeelkategorie was Adriaan Jacobs, ’n senior laboratoriumtegnikus by die Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding. Adriaan is ’n begaafde buikspreker wat lewe gee aan sy gevatte pop, Charlie.

 

Hulle vermaaklike optrede was ’n gunsteling by die gehoor, en het aan hulle die topplek in die kompetisie besorg. (Klik op die video om te hoor wat Charlie te sê het.)

 

Rochelle Langford, administratiewe assistent vir sosiale media en bemarking in die Eenheid vir Voortgesette Onderwys, was tweede en haar optrede was een van die hoogtepunte van die aand. (Klik op die video om na haar sielvolle vertolking van Dusty Springfield se “Son of a preacher man” in die styl van Joss Stone te luister.)

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Kreatiwiteit kry vlerke

 

Behalwe die kategorieë vir uitvoerende kunste, kon studente kreatiewe kunswerke soos skilderye, grafiese ontwerpe, beeldhouwerke, poësie en prosa in die kategorie vir skeppende kunste inskryf.

 

Verlede jaar se wenner het weer so gemaak. Gretchen Crots, die algehele wenner van die kuns- en ontwerp-kategorie, het die Visekanselierstrofee as die algehele wenner van die kreatiewe afdeling gewen, terwyl Ernest Else die kategorie vir oorspronklike skryfwerk (poësie en prosa) gewen het.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U