REDAKSIONEEL

 

Alumni-toekennings

 

Die spertyd vir nominasies vir die tweejaarlikse NWU-Alumnitoekennings was Donderdag, 9 Mei.

 

Hou jul e-pos en die alumni-webbladsy en Facebook-bladsy dop vir verdere inliging oor die toekennings.

 

Die toekenningseremonie sal in Oktober in Johannesburg plaasvind.

 

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Hanlie Smuts

Annette Willemse

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

Beskerm die kwesbares

Beste alumni,

 

Die “swart hond” van depressie hap al eeue lank aan ons hakskene. Mense wat in die 18de en 19de eeu geleef het, het dit dikwels as “melancholie” beskryf en selfs so ver gegaan as om pasiënte wat daaraan ly, te vermy of toe te sluit.

 

Wetenskaplikes en geestesgesondheidpraktisyns verstaan vandag dat dit ’n diagnoseerbare gesondheidstoestand is wat ’n impak op die gemoedstoestand of gevoelens het van diegene wat daardeur geraak word, met simptome wat in graad en duur wissel.

 

In die artikel “As jy verdrink in depressie: hoe om te oorleef” kan jy meer lees oor hierdie toestand, wat glo 4,4% van die wêreld se bevolking raak.

 

Dit is egter nie net mense wat aan swak gesondheid ly nie. Ons planeet is ook nie gesond nie, en dra swaar aan die mens se verwaarlosing, agterlosigheid en dikwels ook gulsigheid.

 

Op die brieweblad kan jy lees hoe alumna Nicolene van der Walt die kennis wat sy opgedoen het terwyl sy by die NWU studeer het, gebruik om na die watergehalte van die Vaalrivier en die Vaaldam om te sien.

 

Waarskynlik die kwesbaarste groep op aarde is ons kinders. Dit is waarom dit so belangrik is om versigtig te wees wanneer ons inligting of foto’s van ons kinders op sosiale media plaas.

 

In die artikel “Dink twee keer voor jy jou kind se foto’s aanlyn plaas” gee die NWU se adv René Koraan vir ouers raad oor die belangrikheid om die regte van kinders te beskerm – ook wanneer hulle foto’s aanlyn plaas.

 

Die empatie wat ons het met mense wat aan depressie ly, die koestering van die natuur en die beskerming van die regte van kwesbare groepe soos kinders het een ding gemeen: ’n omgee-ingesteldheid.

 

Dit is waarom die NWU “maatskaplike responsiwiteit en ’n sorgsaamheidsetiek” as deel van sy droom aanvaar het.  Met so ’n verbintenis tot mense en die natuur het die mensdom en die planeet ’n kans om te oorleef.

 

Ons vertrou dat jy na jou eie welstand sal omsien, en ook na dié van ander mense en van ons waardevolle planeet.

 

Lekker lees!

 

Nelia en die

NWU & U-span

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

KLIK

DEEL

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Tshepisho Sebeela (Mahikeng) tshepisho.sebeela@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U