nUUs

 

Waarom Eagi?

 

Ons, as die NWU, is trots daarop dat ons akademiese programme van hoogstaande kwaliteit en ʼn lewendige studentelewe bied.

 

Wanneer ons dit in gedagte hou, is daar geen beter simbool as ons maskot, Eagi, om die handelsmerk-eienskappe van ʼn verenigde NWU te verteenwoordig nie.

 

Die arend het in talle kulture ’n positiewe betekenis. Dit verteenwoordig positiewe eienskappe wat perfek by die NWU se strategie en doelwitte pas. Dit sluit in sukses, ambisie, dapperheid, uitbreiding, nuwe lewe, leierskap en vryheid.

 

Ons studente en personeel is leiers en visioenêre mense wat en sterk fokus op uitmuntendheid in onderrig en leer, en navorsing en innovasie.

 

Eagi simboliseer ons toewyding om die lewe met kreatiwiteit aan te pak en uit te styg bo die res. Hy verteenwoordig ook ons strewe om geleenthede te vind om uit te blink en voortdurend te verbeter.

 

Verder vergestalt Eagi die belangrikheid om die beginsels van etiek toe te pas in alles wat ons doen, wat die waarde-gedrewendheid van die NWU se aard weerspieël.

 

 

Eagi vertel wat gebeur

In die volgende uitgawes van die NWU & U, gaan Eagi, ons NWU-maskot, julle help om tred te hou met alles wat by die NWU gebeur.

So, laat ons sonder meer na die nuuskamer toe gaan waar Eagi vir julle ’n oorsig van die NWU sal gee.

 

Ons vertrou dat julle die volgende stories interessant sal vind:


NWU onder die beste universiteite vir navorsingspublikasie-uitsette

Die NWU is onder die beste universiteite in die land ten opsigte van die oorkoepelende navorsingspublikasie-uitseteenhede per instelling.

 


Vierde Outisme Simposium volg binnekort

Die Instituut vir Sielkunde en Welstand aan die NWU hou op 8 en 9 Julie sy vierde Outisme Simposium. Die simposium word gesamentlik deur die NWU en Outisme Suid-Afrika aangebied.

 


Alumni aangestel op Munisipale Afbakeningsraad

President Cyril Ramaphosa het onlangs twee NWU-alumni aangestel om op die Munisipale Afbakeningsraad te dien.

 


Suid-Afrika se presidentsvrou woon NWU-gradeplegtigheid by

Die presidentsvrou van Suid-Afrika, dr Tshepo Motsepe, het onlangs een van die gradeplegtighede van die kampus in Vanderbijlpark bygewoon.

 


NWU palm USSA-kroon in

Eers die Varsity Atletiek-kroon en nou die Universiteite Sport Suid-Afrika- (USSA-) kampioen. Nodeloos om te sê – die NWU het die beste universiteit-atletiekspan in Suid-Afrika.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

KLIK

DEEL

Die NWU-maskot is ’n eiesoortige arend wat saamgestel is uit die visarend, die bergarend en die kroonarend.

NWU & U  |

NWU & U  |

Volgende

>

INHOUD

NWU & U