NUUs

Adv René Koraan, ʼn kundige in strafreg, is die direkteur vir professionele ontwikkeling en gemeenskapsbetrokkenheid in die Fakulteit Regte op die kampus in Potchefstroom.

 

Sy was ook een van die organiseerders van die NWU se bewusmakingsoptog wat die 25ste herdenking van die Handves van Regte en die 30ste herdenking van die Konvensie oor die Regte van die Kind op 26 Februarie 2019 gevier het.

 

 As jy twyfel, moenie dit plaas nie

 

René sê ons het selde, indien ooit, beheer oor die foto’s wat ons op sosiale media plaas.

 

“Hierdie foto’s kan vir verskillende doeleindes gebruik word, insluitende op ’n pornografiese webwerf. Die beste wat ons kan doen, is om seker te maak dat ons ons kinders nou en in die toekoms teen uitbuiting beskerm.

 

“As jou kinders oud genoeg is om toestemming te gee, vra hulle voordat jy ’n foto plaas wat hulle dalk in die verleentheid kan stel of skade kan aanrig. Onthou, selfs met hul toestemming het jy steeds die plig om hulle te beskerm en in hulle beste belang op te tree.

 

“Wanneer jy twyfel, moenie dit plaas nie.”

 

Dink twee keer voor jy jou kind se foto’s aanlyn plaas

Om ’n trotse ma of pa te wees, is een van die voorregte van ouerwees, en talle mense wil hul bewondering deel.

 

Sosialemediaplatforms soos Facebook, Twitter en Instagram het virtuele “foto-albums” geword, en dit is maklik vir enigiemand – vriend of vyand – om toegang daartoe te kry.

Suid-Afrika vier hierdie jaar die 25ste herdenking van die Handves van Regte en die 30ste herdenking van die konvensie oor die regte van die kind (die CRC). Dit het weer die belangrikheid beklemtoon om die regte van kinders te beskerm.

 

Die NWU & U het met adv René Koraan van die NWU se Fakulteit Regte gesels oor die belangrikheid van die beskerming van kinders wat die plasing, uitstalling en publisering van foto’s betref.

 

René sê dit is belangrik om jouself af te vra hoe die foto’s wat jy aanlyn plaas, waargeneem kan word.

 

"Ons leef in ’n gevaarlike wêreld waar nie almal goeie bedoelings het nie. Kinders is kwesbaar, en kinderhandel en pornografie kom algemeen voor. Dit is waarom kinders te alle tye beskerm moet word.”

 

Moenie jou kind in gevaar stel nie

 

Sy sê dit is belangrik om seker te maak dat privaatheidstellings (insluitende liggingstellings) op sosialemediaplatforms korrek geaktiveer is. “Moenie die veiligheid van jou kind in gevaar stel deur mense onwetend in kennis te stel waar jou kinders is en wat hulle doen nie.”

 

“Moenie mense (selfs familie) in die foto’s van jou kinders merk nie. Mense op hulle vriendelyste sal dan ook toegang daartoe hê.”Die inligting wat mense in die foto’s sien, kan ook ’n veiligheidsrisiko inhou. René sê foto’s wat jou straatadres, jou huis of selfs die kinders se skool identifiseer, moet liefs vermy word.

 

‘Oulik’ kan uitgebuit word

 

“Onskuldige foto’s en soms foto’s wat vir jou baie oulik lyk, kan gebruik word om jou kind uit te buit. Foto’s van kinders wat in die bad speel of baaikostuums aanhet, kan misbruik word.”

 

Dis waarom ouers en voogde altyd moet seker maak dat hulle kinders bedek is, ten minste al die dele wat as privaat beskou word.

 

“Die wet is baie duidelik wat as kinderpornografie beskou kan word. Enigeen wat onseker is daaroor moet artikel 1 van die Wet op Films en Publikasies, 65 van 1996 asook hoofstuk 1, artikel 1 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) 32 van 2007 lees.”

 

“Om ’n foto te plaas, selfs al lyk dit onskuldig en oulik, kan die waardigheid van kinders aantas.

 

“Die goue reël is dat wat jy as ouer of familielid ook al doen, altyd in die beste belang van die kind moet wees.”

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

KLIK

DEEL

 

Hierdie wette beskerm kinders

 

- Artikel 28 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 sê baie duidelik: “’n Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak.”

 

Dit is vanuit hierdie beskouing dat alle regte van kinders voortvloei.

 

Daar is ook verskeie internasionale en Suid-Afrikaanse regulasies wat die regte van kinders beskerm, en dit sluit die volgende in, maar is nie daartoe beperk nie:

 

  • Die Verenigde Nasies se konvensie oor die regte van die kind
  • Die Afrika-handves vir die regte en welsyn van die kind
  • Die Children's Act 38 van 2005, soos gewysig
  • Die Child Justice Act 75 van 2008
  • Die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) 32 van 2007

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U