ProfIELE

NWU-alumna en HUB van Kabo Consulting Peggy Mampe trap diep spore in die kernbedryf wat deur mans oorheers word.

 

Beskerm teen bestraling

 

Vandag is Peggy die HUB van Kabo Consulting (Edms) Bpk, ’n maatskappy met ’n holistiese benadering tot die beskerming teen bestraling en omgewingsbestuursdienste.

 

Hulle verskaf kundigheid aan die publiek en kliënte in die openbare en privaat sektor, insluitende mynbou- en kerngeriewe, ontwikkelingsagentskappe en ander instellings.

 

Voor Kabo het Peggy sewe jaar lank vir die Nasionale Kernreguleerder as senior spesialis in die departement van omgewings- en bestralingsbeskerming gewerk.

 

 

Ontmoet vir Peggy, die toekoms van kernenergie

Waaraan dink jy as jy die woord kernenergie hoor? Waarskynlik nie aan Keamogetse Leon Mampe, ook bekend as Peggy, nie.

 

Peggy, wat oorspronklik van die dorpie Tlakgameng in Noordwes kom, is ’n NWU-alumna wat op die gebied van kernenergie uitblink.

“Waar ek in die plattelandse gebied van Tlakgameng grootgeword het, was die woord kernkrag nie eers in my woordeskat nie, totdat ek by die NWU se kampus in Mahikeng aangekom het,” sê Peggy.

 

Ontdek ’n hele nuwe wêreld

 

“Ek het geregistreer en my BSc-graad in biologie en chemie voltooi en die veld van toegepaste straling ontdek waarvan daar maar min gepraat word. Ek was nuuskierig en het vir ’n nagraadse diploma in toegepaste stralingswetenskap en -tegnologie aansoek gedoen, en nooit weer teruggekyk nie.”

 

Daarbenewens het Peggy ook ’n BScHons in toegepaste wetenskappe van die Universiteit van Pretoria, met haar hoofvak in omgewingswetenskap.

 

Sy sprei haar vlerke

 

Sy was vasberade om op die gebied van kernenergie uit te blink.Dit het daartoe gelei dat sy in 2003 en 2004 een van slegs ’n paar Suid-Afrikaners was wat gekies is om die gesogte Europese kursus oor die beskerming teen bestraling, en die opleidingsprogramme vir reaktorveiligheidsontleding, neutronika en die vrywaring teen ongelukke in Frankryk by te woon.

 

Peggy is ook gekies om Suid-Afrika in 2011 by die JIPSA Junior Bestuursontwikkelingsprogram in Frankryk te verteenwoordig.

Toe sy terugkeer het Peggy haar bestuursontwikkeling en ’n projekbestuursprogram aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Sy is ’n erkende en geregistreerde professionele natuurwetenskaplike (fisiese wetenskap) by die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskapsberoepe.

 

Sy slyp haar vaardighede

 

“Ek was so gelukkig om tussen 2006 en 2012 deel te neem aan nasionale en internasionale opleidingsgeleenthede wat deur internasionale atoomenergie-agentskappe georganiseer is.

 

“Ek is ook ’n volle lid van die South African Radiation Protection Association, Woman in Nuclear South Africa en die South African Young Nuclear Professional Society,” sê sy.

 

Vrede en goeie raad

 

Peggy is ’n selfverklaarde natuurliefhebber wat graag stap, beginnersoefenkampe bywoon, fietsry en hardloop. “Ek glo dat om in die natuur te wees, weg van ons besige daaglikse lewens en tegnologie, vir ons vrede en ’n gevoel van welstand kan bring.”

 

Peggy se boodskap aan jong mense, veral vroue, kom uit haar lewenservaring: “Jy het die mag, die potensiaal en die vermoë om enigiets te doen wat jy wil. Sprei jou vlerke en vlieg.”

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

KLIK

DEEL

 

“Moenie bekommerd wees as jy struikel en val nie, of as jy nie die eerste keer slaag nie. Jy leer deur te val; hou net aan probeer.”

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U