kan internasionale studente wat huis toe verlang, vertroos

Dr Shernice Soobramoney, die direkteur vir globale betrokkenheid by die NWU, het ’n projek van stapel gestuur om ’n resepteboek met resepte uit die tuislande van internasionale studente en postdoktorale genote te skep.

KOSMOPOLITIESE

RESEPTEBOEK

Dit is veral waar vir ons internasionale studente wat nie huis toe kan gaan nie omdat die grense as gevolg van die pandemie gesluit is.

 

Dr Shernice Soobramoney, direkteur vir globle betrokkenheid by die NWU, het besluit om ’n resepteboek saam te stel om alle internasionale studente tuis en gekoester te laat voel.

 

Sy wys daarop dat die Covid-19-pandemie die lewens van massas mense regoor die wêreld – en dus ook van studente – radikaal verander het.

 

Afgesluit van hulle geliefdes

 

Met die grense wat steeds toe is, kan talle internasionale studente dalk vasgevang wees in die stede en lande waar hulle studeer. Hulle kan moontlik ook geestesgesondheids- of finansiële uitdagings ervaar omdat hulle ver van hulle geliefdes af is, of omdat hulle geliefdes dalk hulle werk verloor het en hulle nie finansieel kan bystaan nie.

 

Al hierdie faktore kan veroorsaak dat studente geïsoleer voel.

 

“Die NWU spog met studente van ongeveer 66 verskillende nasionaliteite en ons wil hê dat almal van hulle voel dat hulle deel van die NWU is, ongeag hoe eensaam hulle dalk kan voel,” sê Shernice. Dit is waarom sy die projek geïnisieer het om ’n internasionale studenteresepteboek daar te stel wat resepte van studente se tuislande bevat.

 

Op die spyskaart

 

Shernice sê ’n maksimum van vyf resepte kan vir elkeen van die kategorieë ingestuur word. Dit sluit resepte vir brode, voorgeregte, sop, hoofgeregte, dranke, konfyte, jellies, piekels, nageregte en koek in.

 

Sy moedig alle internasionale studente en postdoktorale genote aan om hulle resepte na PC-internationalrecipe@nwu.ac.za te stuur.

 

“Personeellede moet asseblief hulle internasionale studente aanmoedig om resepte in te stuur,” voeg sy by. Die sperdatum vir indiening is 31 Julie 2021.

 

Internasionale studente kan na die NWU se webblad vir internasionale studente kyk vir meer besonderhede oor die indiening van resepte, soos watter inligting om in te sluit.

 

“Hierdie projek sal ons internasionale studente by die NWU bekendstel en vier, en ons hoop dat julle sal besluit om julle studente aan te moedig om deel van hierdie opwindende ervaring te word. Vertel hulle dat al die studente wat resepte instuur, elektroniese afskrifte van die boek sal ontvang,” voeg Shernice by.

 

Kosmaak gaan op die ou end oor mense, en kos kan ’n universele band wees wat almal byeen bring. Mense regoor die wêreld eet saam, ongeag uit watter kultuur hulle kom.

 

Die reuk van kaneel, die smaak van romerige pasta en die krakerige vel van brosgebakte aartappels kan jou terugvoer na jou ouma se kombuis, of jou herinner aan die gesellige oomblikke wat jy saam met geliefdes deurgebring het.

“Hierdie projek sal ons internasionale studente by die NWU bekendstel en vier.”

 

- Dr Shernice Soobramoney

RESEPTE-BOEK