Studente gebruik teks uit ander bronne, vermeld nie hulle bronne nie, en kopieer mekaar se werk. Party kry selfs ander om hulle opdragte of toetse vir hulle te skryf.

 

Verandering is nodig, en daarom het die NWU se Skool vir Filosofie, in vennootskap met die vaktydskrif Transformation in Higher Education, ’n webinaar aangebied met die titel “Cheating, dishonesty and plagiarism with online teaching and learning. What are the students saying? Can we fundamentally change it?”.

 

’n Holistiese benadering

 

Prof Robert Balfour, adjunk-visekanselier vir onderrig en leer, het meer as 100 deelnemers by die webinaar verwelkom.

 

Kundiges het daarna perspektiewe oor kullery, oneerlikheid en plagiaat vanuit ’n filosofiese, sielkundige en hoëronderwysonderrig- en  leer-oogpunt verskaf.

 

Dr Yolandi Coetser, ’n dosent by die Skool vir Filosofie, het ’n aantal etiese teorieë aangehaal wat studente kan aanmoedig om nie te kul en plagiaat te pleeg nie.

 

Dr Tertia Oosthuizen van die Skool vir Psigososiale Gesondheid het gepraat oor hoe kullery, oneerlikheid en plagiaat aangeleerde gedrag is. Sy sê die meeste studente wat akademiese oneerlikheid pleeg, vind dit maklik om dit te doen, aangesien hulle dit óf in die huisomgewing of die gemeenskap waaruit hulle kom, gesien het.

 

Simptome van ’n groter kwessie

 

Prof Emmanuel Mgqwashu, direkteur vir onderrig- en leer-ondersteuning vir fakulteite by die Sentrum vir Onderrig en Leer, se mening is dat plagiaat – hetsy dit aanlyn onderrig en leer is, of vir iets anders – ’n simptoom van ’n groter kwessie is.

 

Hy sê studente weet nie altyd wat die aanvaarde maniere is om kennis in te win, of wat as kennis geld, of hoe om op ’n aanvaarbare, dissipline-spesifieke manier oor hierdie kennis te lees en daaroor te skryf nie.

 

Hy het daarop gewys dat die doel van assessering van studente is om uit te vind wat hulle uit hulle leeswerk verstaan het. Wanneer studente nie uitdruklik geleer word hoe om doeltreffend te lees nie, kan hulle in die versoeking kom om plagiaat te pleeg om die gapings in hulle begrip te vul.

 

Wat die NWU daaraan doen

 

Die webinaar het ook beklemtoon hoe die universiteit sy deel doen om die risiko van plagiaat te beperk.

 

Dr Kristien Andrianatos van die Skool vir Tale het ’n aanbieding gelewer oor Referella, ’n verwysingsprojek wat ontwerp is om NWU-studente te help om hulle bronne korrek aan te haal, en só die kanse van plagiaat te verminder.

 

Prof Marilise Smurthwaite, voormalige akademiese dekaan van St Augustine College of South Africa en die respondent van die geleentheid, het kommentaar oor al die aanbiedings gelewer en gebiede aanbeveel wat meer ondersoek en navorsing nodig het.

 

Om die webinaar af te sluit, het prof Dumi Moyo, uitvoerende dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe, beklemtoon dat dit ’n deurlopende gesprek en proses is waar studente en die universiteit moet saamwerk.

Gedurende die webinaar het kundiges perspektiewe oor kullery, oneerlikheid en plagiaat vanuit ’n filosofiese, sielkundige en hoëronderwysonderrig- en leer-oogpunt verskaf.

KLIK OP ELKE FOTO OM MEER TE LEES.

Sedert onderrig en leer as gevolg van die Covid-19-inperkings aanlyn beweeg het, het instellings vir hoër onderrig ’n toename gesien in studente wat kul, oneerlik is en plagiaat pleeg.

 

Wie se werk is dit om oneerlikheid te stop?

 

Studente het tydens ʼn onlangse webinaar oplossings by die dosente gesoek om kullery, oneerlikheid en plagiaat te voorkom, terwyl dosente na die studente gekyk het vir oplossings.

 

Toe hulle gevra is waarom hulle plagiaat pleeg, het studente gesê aanlyn leer is vir hulle ’n nuwe ervaring en hulle sukkel om hulle tyd doeltreffend te gebruik en met die werkslading by te hou. Hulle voel ook onder druk en gestres en dit lei tot oneerlikheid en plagiaat.

 

Volgens die studente sal daar ’n afname in kullery, oneerlikheid en plagiaat wees as dosente kan fokus op vrae wat toepassings vereis en nie vrae uit vorige vraestelle haal nie, asook groepwerk aanmoedig.

 

Studente en dosente moet saam

EERLIKHEID VERSEKER