Ons het oor die afgelope twee jaar ’n nuwe strategie en organisasiestruktuur gekry. Hierdie veranderings het ons ’n sterker, meer verenigde universiteit gemaak, verbind tot voortreflike akademiese uitnemendheid en maatskaplike geregtigheid.

 

Noudat ons strategie en organisasiestruktuur gefinaliseer is, gebruik ons dit as basis om waarde te skep deur mense te bemagtig om uit te styg – om hoër en verder te gaan terwyl hulle hul doelwitte nastreef.

 

Ons verduidelik in die NWU se geïntegreerde verslag van 2018 hoe ons dit doen. Hierdie verslag, wat op 20 Junie 2019 deur die Raad goedgekeur is en aan die einde van Junie aan die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding voorgelê is, vertel die waardeskeppingsverhaal van die NWU.

 

Julle kan in hierdie verslag lees hoe ons ons kennis deel en mense se vaardighede slyp, en op hierdie manier die energie skep vir die momentum wat ons in staat stel om die onontdekte te betree en die toekoms te skep.

 

 

Hierdie video gee ’n paar van die feite en syfers weer waaruit ons waardeskeppingsverhaal bestaan, soos dit in die geïntegreerde verslag van 2018 uitgebeeld word.

Ons laat mense uitstyg

Dit is ons

-BESONDERHEDE

Redaksie:

Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie:

Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of Interne bussie 260

eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.