Dit is waarom hy reeds meer as 30 jaar lank in die verlede delf en navorsing oor sekere aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis doen, en dit herskryf.

 

Waarheid teenoor mites

 

“’n Goeie voorbeeld van hoe die geskiedenis verdraai is, is die belangrike mite van 'die leë land' wat die eerste keer deur die skrywer WC Holden verkondig is,” sê Bernard.

 

Holden het beweer dat die wit mense en die swart mense Suider-Afrika ongeveer teen dieselfde tyd binnegekom het. Die idee is versterk deur daaropvolgende skrywers wat beweer het dat swart mense suidwaarts en die Nederlandse setlaars noordwaarts migreer het, en teen ongeveer dieselfde tyd by die Visrivier aangekom het.

 

Skryf die geskiedenis reg

 

Dit was eers in 1959 dat die eerste vakkundige hierdie verkeerde verhaal weerspreek het. Uit verslae van Europese matrose wat aan die suidoostelike kus gestrand het, het antropoloog Monica Wilson getoon dat swart mense in die Ciskei en Transkei gewoon het lank voordat die wit mense daar aangekom het.

 

Ander vakkundiges, veral argeoloë, het sedertdien die deurlopende besetting van groot streke in die binneland van Suid-Afrika aangetoon. Die mense wat daar gewoon het, was die voorouers van die huidige swart gemeenskappe, soos die Batswana en ander.

 

Die argeoloog Revil Mason, wat op argeologiese terreine soos die Magaliesvallei wes van Pretoria gewerk het, het afgelei dat swart veeboere wat yster en koper geproduseer het die gebied tussen 350 nC en 600 nC begin beset het.

 

Dit, en latere werk deur ander argeoloë, het finaal die “mite van die leë land” uit die weg geruim (Giliomee & Mbenga, 2007: 127).

 

’n Ander mite die nek ingeslaan

 

Nog ’n mite is die een rondom die Suid-Afrikaanse Oorlog van 1899 tot 1902.

 

Talle geskiedenisboeke ontken dat swart mense enige rol in die stryd gespeel het, en beweer dat hulle deelname gedwonge was, en nie vrywillig nie. Navorsing deur Bernard en ander geskiedkundiges sedert die laat 1970’s het egter gevind dat dit nie die geval was nie.

 

Gaan steeds voort

 

Bernard het deur die jare ’n indrukwekkende publikasierekord opgebou en oor die geskiedenis van die mense van Suider-Afrika geskryf.

 

Een van sy boeke wat ’n goeie ontvangs gekry het, is Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika, wat hy saam met die vakkundige in politieke wetenskap, Hermann Giliomee, geskryf en geredigeer het.

 

Terwyl talle mense van sy ouderdom aan aftree begin dink, werk Bernard tans aan nog drie boeke. Dit lyk of sy liefde vir geskiedenis steeds sterk is, en of ons talle meer publikasies uit sy pen kan verwag.

 

 

 

 

 

Bou sy loopbaan

 

Nadat hy ’n onderwysdiploma verwerf het, het Bernard vir ’n BA in opvoedkunde aan die Universiteit van Zambië ingeskryf, met geskiedenis en Engels as hoofvakke. Hy het dit opgevolg met ’n meestersgraad in Suider-Afrikaanse studies aan die Universiteit van York in Engeland.

 

Bernard het in 1987 by die voormalige Universiteit van Bophuthatswana aangesluit. Nadat hy in 1997 sy PhD aan Unisa verwerf het, het hy in 2005 ’n medeprofessor geword en in 2011 ’n vol professor.

 

Hy was sedert September 1987, toe dit nog die Universiteit van Bophuthatswana was, tot met sy aftrede by die NWU in Desember 2017 deurlopend by die Mafikengkampus betrokke. Hy is vanaf Januarie 2018 vir vier jaar as buitengewone professor aangestel.

 

As NNS-gegradeerde vakkundige is sy navorsingsbelangstellings die 19de en vroeë 20ste eeuse Wes-Transvaal, sendelinge en stamhoofde in Afrika, grond wat in die voormalige Wes-Transvaal deur swart mense gekoop is, en die rol wat swart mense in die Suid-Afrikaanse Oorlog van 1899-1902 gespeel het.

 

 

Prof Bernard Mbenga sê Suid-Afrikaanse geskiedskrywing was om ideologiese en rasse-oorwegings nog altyd ’n hoogs aanvegbare onderwerp.

Die inhoud van talle geskiedenisboeke is tydens die apartheidsera baie skeefgetrek, en geskiedenisprofessor Bernard Mbenga wil die geskiedenis vir die toekoms regstel.

Stel die nasie se geskiedkundige rekord reg