Admin-beampte bedags,

musikant

daarna

Wanneer sy nie by die werk is nie, bevorder Lesedi haar musiekloopbaan.

 

Wanneer mense Lesedi se sangtalent beskryf, gebruik hulle woorde soos wonderlik en sê hulle dikwels dat sy ʼn pragtige stem het.

As musiek voedsel vir die siel is, verseker senior administratiewe beampte Lesedi Makapela op die kampus in Mahikeng dat niemand ooit sal honger ly nie.

 

Lesedi, wat in Taung gebore is en in Sannieshof grootgeword het, se ouma het haar musiektalent vir die eerste keer raakgesien en gekoester. Dit is ’n gawe wat sy van albei haar ouers ontvang het.

 

Raak die kitaar baas

 

Ná matriek het Lesedi in 2010 Mahikeng toe verhuis. Daar het sy die volgende fase van haar musiekreis begin deur haarself deur middel van YouTube-videos te leer om kitaar te speel. Kort voor lank het sy begin om saam met plaaslike kunstenaars musiek te maak.

 

Toe sy genoeg selfvertroue ontwikkel het, het sy begin om by plaaslike kuierplekke, troues, ooievaarstees dwarsoor Noordwes op te tree.

 

Die eerste keer dat sy voor ’n skare opgetree het, was in 2013 op ’n Valentynsdagpiekniek op die kampus in Mahikeng. Van daar af het haar musiekloopbaan vlamgevat.

 

Op die vraag hoe sy ’n balans tussen haar werk as ’n administratiewe beampte en haar passie vir musiek handhaaf, antwoord Lesedi, “Ek hou baie van my werk, maar dit is nie my uiteindelike droom nie – ek werk tans aan ’n album.”

 

Ingestel op die toekoms

 

Lesedi is nie tevrede om net ’n plaaslike musieksensasie te wees nie – sy het haar oog ook op internasionale verhoë.

 

“Die ervaring wat my die meeste geraak het, was ’n opmerking van ’n man wat ek nie eers geken het nie, wat gesê het dat ek sy huwelik gered het,” sê Lesedi.

 

Met Freshly Ground, Joan Armatrading, Tracy Chapman en Macy Grey as haar inspirasie, is dit beslis nie die laaste wat die NWU van Lesedi se talent gaan hoor nie.

.