BESTE!

Ons is

net die

Ons personeellede is beslis een tree voor hulle mededingers. Dit het duidelik geword toe die NWU in die topposisie van die 2019 Step Challenge geëindig het en die ander deelnemende universiteite uitgestof het.

NWU-werknemers is gekroon as die kampioene van hierdie jaar se Healthy4Health Pedometer-uitdaging, waarin verskeie universiteite teen mekaar meegeding het om die meeste treë oor ’n agt weke lange tydperk aan te teken. Van links is Louwna Kotze, Tamrin Veldsman, Corene Flemming, Santa van der Merwe, PD van Zyl en Antoinette Vosloo.

Die Universiteit van die Vrystaat het die uitdaging aan die NWU en ander Suid-Afrikaanse universiteite gerig.

 

Sowat 42 spanne van al drie kampusse van die NWU, saam met spanne van Kovsies, Maties, UCT en Tuks, het ingeskryf.

 

’n Totaal van 160 spanne wat uit vier lede elk bestaan, het teen mekaar meegeding om te bepaal watter instelling gesamentlik die meeste treë aangeteken het.

 

Tree aan

 

Hierdie uitdaging is ontwerp om werknemers sover te kry om meer aktief te wees en uiteindelik hulle gesondheid te verbeter.

 

“Die voordele van gereelde fisieke aktiwiteit sluit ’n verlaagde risiko vir die ontwikkeling van hartsiekte, diabetes, hoë bloeddruk, depressie en stres in,” sê prof Hanlie Moss, navorsingsdirekteur van die NWU se navorsingsfokusarea vir Fisiese Aktiwiteit, Sport en Rekreasie (FASRek). Sy het die uitdaging namens die NWU aanvaar en toe al die personeel uitgenooi om deel te neem.

 

“Ons het selfs daarin geslaag om ’n FASRek-span van ons buitengewone navorsers wat onderskeidelik in Finland, Pole, Australië en in Kaapstad gestasioneer is, in te skryf. Die doel was om soveel  kilometers as moontlik op te teken,” voeg Hanlie by.

 

Bly een stappie voor

 

Aan die einde van die agt weke lange uitdaging het die NWU die meeste treë aangeteken en is as hierdie jaar se universiteit met die fiksste stap-/hardloop-universiteit personeellede gekroon.

 

Die NWU-personeel het daarin geslaag om ’n totale afstand van 65 484,8 km te hardloop of te stap, gevolg deur Kovsies se 59 032,3 km en Maties se 51 814,9 km.

 

Die wenspanne van elke universiteit het vier x R500-geskenkbewyse van die uitdaging se borg, Bestmed, ontvang.

 

Volgens die Kovsies se welstandskoördineerder, Arina Engelbrecht, is hulle reeds goed op dreef met die volgende uitdaging wat op 30 September afgeskop het en tot 25 November sal duur.

 

 

 

Hoe om betrokke te raak

 

Dis groot pret en maklik om te organiseer:

 

  • ’n Span bestaan uit vier werknemers. Die lede kies ’n spankaptein.
  • Die rol van spankapteins is om hulle spanne weekliks te motiveer en hulle afstande aan te teken.
  • Dit is ’n agt weke lange uitdaging wat deelnemers aanmoedig om meer aktief te wees.
  • ʼn Volgende uitdaging het gedurende die eerste week in Oktober 2019 begin.
  • Deelnemers kan meer as een aktiwiteit per dag aanteken. Hulle mag byvoorbeeld hardloop, in ’n gim oefen, fietsry en treë tel, en vir elke aktiwiteit punte aanteken.
  • Om die oefensessies aan te teken, het die deelnemers ’n slimfoon of sporthorlosie nodig.
  • Die totale punte word ná elke week bereken om die span se doelwit te bereken.
  • Aan die einde van agt weke word die totale getal kilometer en oefensessies deur middel van hardloop/stap, fietsry of gimsessies bereken.

Vir meer inligting oor die uitdaging wat voorlê, kontak prof Hanlie Moss of een van die volgende personeellede van die NWU Welstandskantoor: Kehumile Katametsi by 018 389 2336 of Genevieve Poodhun by 016 910 3295.